Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bosch en Ward inspirasie vir ander by OP

Curwin Bosch en Jeremy Ward se sukses op franchise-vlak dien as inspirasie vir ander rugbyspelers in die Oostelike Provinsie om ook die trappie boontoe te probeer neem.

“Dis nie nou die tyd om skaam te wees nie. Van ons is nou op die ouderdom waar ons vir spanne gekies begin word,” sê die OP-vleuel Athi Mayinje.

Athi Mayinje was twee seisoene gelede een van die voorste driedrukkers in die Eerste Liga. Foto: Gallo Images

Mayinje (25) het saam met Bosch en Ward, wat deesdae vir die Haaie uitdraf, vir die Grey High School in Port Elizabeth gespeel.

“Ons het saam vir die OP-skole gespeel. So, ek sal ook graag die trappie boontoe wil probeer neem en franchise-rugby speel,” sê Mayinje.

Hy het reeds 27 wedstryde vir die OP gespeel en is een van ’n groep talentvolle agterspelers waaruit die hoofafrigter, Peter de Villiers, ’n opwindende agterlyn kan kies.

Nes een van die senters in die OP-groep, Sherwin Slater, het Mayinje ook ’n draai by die Griffons gemaak.

Anders as Slater, het hy egter nooit die kans gekry om vir die Noord-Vrystaters te speel nie.

“Ek was vir verlede jaar by die Griffons gekontrakteer, maar het toe weens die Covid-19-pandemie nooit vir die span gespeel nie,” verduidelik Mayinje.

Sherwin Slater (links) en Athi Mayinje (regs) is twee van die OP se agterspelers wat nie kan wag om hulself teen meer bekende spelers in die Franchisebeker-reeks te meet nie. Foto: Michael Green

Slater (26), wat in Andrew Rabie op skool was, het nooit vir die OP Cravenweek-rugby gespeel nie.

Hy was wel vir twee jaar in die OP se Akademie-span en het ook al ’n paar wedstryde vir die OP en twee seisoene vir die Griffons gespeel.

“Die tyd by die Griffons was twee van die beste jare van my lewe, maar ek is nou weer terug by die OP en sover geniet ek dit baie. In ’n maand het ek al verskriklik baie by coach Peter (de Villiers) geleer,” sê Slater.

Ook hy hoop die OP kry die kans om hierdie seisoen in die Franchisebeker-reeks te speel.

Hy het as skoolseun reeds vir die Harlequins in die Baai klubrugby gespeel en het nog nooit vir ’n uitdaging teruggedeins nie.

“As ’n rugbyspeler wil jy jou teen die beste meet. Ek weet baie mense glo nie ons kan dit doen nie, maar ek dink ons sal hulle verras,” sê hy.

Meer oor:  Curwin Bosch  |  Oostelike Provinsie  |  Jeremy Ward  |  Op  |  Opru  |  Peter De Villiers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.