Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Boshoff skop Tuks tot naelbytsege

Die briljante sewepunt-drie wat die Pukke Maandag in die Tuks-stadion in die 77ste minuut teen die Tukkies gedruk het, sou ’n sege verdien het.

Varsitybeker
Die Tuks-haker Werner Fourie duik Maandag in Pretoria oor vir een van sy twee sewepuntdrieë teen Pukke. Sy bydrae was uiteindelik van onskatbare waarde, in ’n wedstryd wat Tuks met twee skrale punte gewen het. Foto: Christiaan Kotze
Sango Xamlashe van Tuks loop hom vas in ’n verdediger van die Pukke in hul Varsitybeker-wedstryd in Pretoria. Foto: Gallo Images

Die besoekers was vir oomblikke met 40-39 voor nadat die regtervleuel Eugene Hare gaan druk het, maar Theo Boshoff, Tuks se losskakel, het die laaste sê met sy skopvoet gehad.

Sy strafdoel, met speeltyd verstreke, het net-net ingekrul pale toe om daarmee toe te sien dat die Tukkies hul 2020-aanslag in die Varsitybeker-reeks met ’n vasbyt-oorwinning van 42-40 begin.

Boshoff was die Speler van die Wedstryd met sy persoonlike bydrae van 23 punte.

Die toekenning kon maklik ook aan die wenspan se haker, Werner Fourie, gegaan het.

Fourie het ’n drieë-driekuns behaal, waarvan twee drieë sewe punte werd was.

Die Pukke moes deurgaans met sowat 30% se besit oor die weg kom en het in die eerste helfte goed gedoen om te gaan asem skep met ’n voorsprong van 26-22.

Die besoekers het boonop ses drieë teenoor vier gedruk.

Hoewel die tuisspan in die eerste 20 minute groter onderneming op die aanval gehad het, het die Pukke daarin geslaag om in dié tydperk met 14-6 voor te loop.

Edmund Rheeder, die Pukke-agtsteman en kaptein, het die eerste drie in vanjaar se reeks gedruk nadat die Tuks met ’n lynstaan aangejaag het op hul doellyn.

Puntemakers:

Tukkies 42 (22): Drieë: Theo Boshoff, Werner Fourie (7x2) en (5x1). Strafdoele: Boshoff (3). Skepdoel: Boshoff. Doelskoppe: Boshoff (3).

Pukke 40 (26): Drieë: Edmund Rheeder, Evardi Boshoff, Gustav du Rand, Maarten Holtzhausen, Riaan Genis, Eugene Hare (7). Doelskoppe: Holtzhausen (4)


Meer oor:  Potchefstroom  |  Pretoria  |  Tuks  |  Rugby  |  Varsitybeker  |  Pukke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.