Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Botham het Warburton ‘geknak’
James Botham

Sam Warburton, gewese kaptein van Wallis en die Britse en Ierse Leeus, sê hy het ná net een oefening geweet die klipharde James Botham sou dit nog ver as ’n rugbyspeler bring.

Botham, kleinseun van die legendariese krieketspeler Ian Botham, het gister sy buiging vir Wallis in die Nasiesbeker-reeks teen Georgië gemaak.

James se pa, Liam, het 42 drieë in 42 wedstryde vir die Cardiff Blues gedruk voordat hy na rugbyliga oorgeskuif het.

James se oupa, Ian, het 102 toetswedstryde en 116 eendagwedstryde vir Engeland se krieketspan gespeel.

“Ek en James het tydens ’n oefening gestoei en my lyf kon nie meer nie, dit wou breek,” het Warburton gesê. – WalesOnline

Meer oor:  Wallis  |  James Botham  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.