Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Breier hoop dié jong Hane kraai wéér

Jacques Brunel, afrigter van Frankryk se rugbyspan, gaan volhard met die jeugdige skakelpaar wat die Hane verlede maand gehelp het om hul wenrekening in vanjaar se Sesnasies-reeks te open.

Die 19-jarige losskakel Romain Ntamack en die 22-jarige skrumskakel Antoine Dupont is in Frankryk se beginspan behou vir Sondag se kragmeting met Ierland in Dublin.

Die jong Romain Ntamack, seun van die gewese Franse vleuel Emile, in aksie in die Hane se oorwinning oor Skotland verlede maand. Foto: Getty Images

Dié duo het belowend vertoon in die Hane se oorwinning van 27-10 oor Skotland, maar sal teen Ierland ’n behoorlike vuurdoop kry.

Volgens Brunel sal dit van Frankryk se voorhoede afhang om hul melkbaard-skakelpaar in goeie posisies op die veld te plaas.

Brunel verwag intussen ook ’n lugoorlog van die Iere, met Conor Murray (skrumskakel) en Jonathan Sexton (losskakel) wat veral goed is daarmee om teenstanders onder druk te plaas met slim hangskoppe.

Volgens Brunel het sy agterspelers hard gewerk aan dié aspek van hul spel.

Teen Engeland, toe die Franse ’n vleuel op heelagter en twee senters op die vleuels gekies het, is hulle met hoë skoppe bestook en het Engeland hul brouwerk daar uitgebuit om ’n wegholsege met 44-8 te behaal.

Ierland, wat sy eerste wedstryd teen die einste Engelse verloor het, het daarna weg-oorwinnings oor Skotland en Italië behaal.

Die verdedigende kampioen het nog ’n buitekans om sy titel suksesvol te verdedig, maar sal dan met Frankryk en Wallis in sy oorblywende wedstryde moet afreken en ook ’n bonuspunt of twee moet buit.

Frankryk se span: Thomas Ramos, Damian Penaud, Mathieu Bastareaud, Gael Fickou, Yoann Huget, Romain Ntamack, Antoine Dupont, Louis Picamoles, Arthur Iturria, Wenceslas Lauret, Felix Lambey, Sebastien Vahaamahina, Demba Bamba, Guilhem Guirado (k), Jefferson Poirot. PLAASVERVANGERS: Camille Chat, Etienne Falgoux, Dorian Aldegheri, Paul Willemse, Gregory Alldritt, Baptiste Serin, Anthony Belleau, Maxime Medard.

  • Sondag se stryd in Dublin skop om 17:00 af en word regstreeks op SS 1 uitgesaai. – Reuters, Sportredaksie
Meer oor:  Jacques Brunel  |  Frankryk  |  Ierland  |  Hane  |  Sesnasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.