Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Breier mor ná Griekwas se losmaker
André Swarts gaan straks vir die Poubloues op senter diens doen. Foto: Gallo Images

’n Groot terugslag het Griekwas se rugbyspan getref met die nuus dat die senter Edwin Sass sy kakebeen in Saterdag se oefenwedstryd teen ’n Vrystaat 15-tal in Bloemfontein gebreek het.

Die tuisspan het die wedstryd met 38-33 met ’n drie teen die einde gewen.

Die 26-jarige Sass, wat hom in 2018 van die Boland af in Kimberley aangesluit het, sal ’n geruime tyd langs die kantlyn wees.

Met die veteraan-senter Johnathan Francke wat steeds herstel van ’n kniebesering wat hy verlede seisoen opgedoen het, gaan André Swarts straks die seisoen met die nr.12-trui vertrou word.

Swarts, eintlik ’n losskakel, het verlede seisoen by geleentheid goeie spel in die middelveld gelewer.

Hoewel ’n oefenwedstryd selde oor die uitslag gaan, was Brent Janse van Rensburg, afrigter van die Poubloues, tog ongelukkig nadat sy span verloor het.

Ongelukkig het ons hopeloos te veel verdedig weens ons eie foute en gebrek aan dissipline, iets wat nie ideaal is nie.
Brent Janse van Rensburg

“Ongelukkig het ons hopeloos te veel verdedig weens ons eie foute en gebrek aan dissipline, iets wat nie ideaal is nie.”

Janse van Rensburg sê die Poubloues se dissipline het hulle veral in die tweede helfte in die steek gelaat.

“Ons het veral toe te veel strafskoppe afgestaan, wat veroorsaak het dat ons te veel in ons eie helfte vasgekeer was.

“Ons het gevoel indien ons ons balbesit beter beskerm het, kon ons meer drieë gedruk het, maar ons het die lewe vir onsself moeilik gemaak,” sê hy.

“Ons was ook nie bestendig in die skrums nie. Ons het in die eerste helfte oorheers, maar toe ons veranderinge aangebring het, te veel strafskoppe afgestaan.

“Die span was meer stabiel in die laaste kwartier, maar dit het ons van balbesit en gebiedsvoordeel beroof,” sê Janse van Rensburg.

Jamba Ulengo (Gallo Images)

Spelers soos die flank Sias Koen het goed met die bal in die hand vertoon, terwyl die skrumskakel Louis Venter ook goeie diens agter die oond gelewer het.

Vir die Vrystaters het die oud-Bok, die vleuel Jamba Ulengo, goeie spel gelewer. Hy was veilig onder die hoë bal en het ’n sekere drie gekeer.

Die Poubloues se laaste losmaker is Saterdag teen die Blou Bulle in Pretoria.

Meer oor:  Brent Janse Van Rensburg  |  Kimberley  |  Bloemfontein  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.