Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Breker Vunipola wil terugkeer teen Iere maak

Ná drie maande langs die kantlyn weens ’n dyspierbesering lek die Engelse rugbyspeler Mako Vunipola behoorlik sy lippe af om Saterdag teen Ierland losgelaat te word.

Mako Vunipola tydens ’n onlangse oefensessie van Engeland. Foto: Getty Images

Dié 28-jarige voorryman, ’n boorling van Nieu-Seeland, is in Mei in die eindstryd van die Kampioenebeker-reeks beseer toe sy klubspan, Saracens, Leinster geklop het. Die besering was van so ’n aard dat hy ’n draai op die operasietafel moes gaan maak.

Hoewel Eddie Jones, afrigter van Engeland, nog nie sy span vir die kragmeting in Londen aangewys het nie, is die verwagting dat die ervare Vunipola ingesluit sal word.

“Dit was baie opwindend om die afgelope twee weke die spelers te sien speel, maar ek wil nou deel van die aksie wees,” het Vunipola aan BBC Sport gesê.

“Ek is opgewonde om hopelik weer die kans te kry om dit te ervaar. Wanneer ’n mens jonger is, aanvaar jy dinge as vanselfsprekend.

“Ek onthou voor die vorige Wêreldbeker het ek gedink dat baie hiervan nog oor my pad sal kom. Die besering het my siening egter verander – die besef dat jy alles kan verloor,” sê hy.

Voor daardie besering in Saracens se trui het Vunipola ook met ’n enkelbesering gesukkel, wat hom vroeër vanjaar uit Engeland se laaste drie toetse in die Sesnasies-reeks gehou het.

Toe die Engelse Ierland met 32-20 in Dublin geklop het, was hy een van die uitblinkers deur 27 duikslae uit te voer – waarmee hy met die prys as Speler van die Wedstryd weggestap het.

Ná Saterdag se kragmeting met die Iere speel Engeland op 6 September in sy laaste oefenwedstryd voor die WB-toernooi, wanneer hy teen Italië te staan kom. – Reuters

Meer oor:  Mako Vunipola  |  Ierland  |  Engeland  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.