Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Brent dalk eersdaags rugbybaas in OP

Brent Janse van Rensburg, wat pas as hoofafrigter van die Pumas se rugbyspan bedank het, is dalk op pad terug na Port Elizabeth.

Brent Janse van Rensburg / Foto: Gallo Images

André Rademan, president van die Oostelike Provinsie Rugbyunie (OPRU), het bevestig dat Janse van Rensburg een van vyf name op ’n kortlys is om die unie se nuwe hoofbestuurder te word.

“Ek is nie bereid om die ander name op die kortlys bekend te maak nie. Ek is baie ontsteld dat die nuus dat Brent se naam op die kortlys is uitgelek het,” is al wat ’n omgekrapte Rademan in hierdie stadium wil sê.

Hy het wel bygevoeg dat die vyf kandidate nog deur die OPRU se uitvoerende bestuur goedgekeur moet word.

Janse van Rensburg wil self nie sê wat sy planne is nie. Dit is egter geen geheim dat hy lief is vir Port Elizabeth en steeds na die stad as “my huis” verwys nie.

Die 38-jarige Van Rensburg was in 2015 die OP se hoofafrigter voor hy in 2016 Boland se afrigter geword het.

Hy is in 2017 na die Pumas en sy span het die onlangse SuperSport-uitdaagreeks gewen.

Janse van Rensburg se naam word ook met ’n pos by die Hoër Jongenskool Paarl verbind.

* Die OPRU het ’n tyd gelede al die pos van hoofbestuurder geadverteer.

Die suksesvolle aansoeker sal aan die hoof van die ontwikkelingsdepartement van die unie staan.

Hy sal ook sy vinger op die pols van klubaangeleenthede moet hou en nou saam met die OPRU se uitvoerende bestuur moet kan werk.

Meer oor:  Brent Janse Van Rensburg  |  Pumas  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.