Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Schalk Brits hou sy lyf breier by Bokke

Ingeval iemand gewonder het wat doen die haker Schalk Brits deesdae – hy help die Springbokke afrig.

Schalk Brits het skynbaar ’n groot toekoms as afrigter wat op hom wag. Foto: Gallo Images

Brits (37) het in Junie laas vir die Bokke gespeel toe hy as plaasvervanger in Kaapstad teen Engeland opgedraf het.

Sedertdien is hy steeds lid van die Bokgroep, maar haal hy nie eens die plaasvervangersbank nie.

“Schalk help ons met baie goed. Hy is amper soos ’n lid van die afrigtingspan,” sê Rassie Erasmus, die Bokke se hoof-afrigter.

“Ouens soos hy en Vincent Koch wat van oorsee af kom, help die ander, minder ervare spelers soos Thomas du Toit baie.”

Brits en Koch speel al twee vir Saracens in Engeland waar daar baie klem op die vaste skrums gelê word. Matthew Proudfoot is natuurlik steeds die eintlike voorspeler-afrigter wat die Bokke se skrumwerk monitor.

Die Bok-stut Tendai Mtawarira sê dis “wonderlik” om Brits in die Bokgroep te hê.

“Hy is dalk wel die meeste van die tyd een van die afrigters,” sê Mtawarira met ’n groot glimlag.

“Hy wil so graag hê die span moet wen. Hy is altyd besig om die hakers te help en hy het altyd ekstra inligting oor ’n teenstander.”

Volgens Mtawarira is dit nie net die hakers en stutte wat wenke by Brits kry nie.

“Hy sal selfs dan en wan vir die agterspelers ’n bietjie raad gee,” sê Mtawarira.

“Schalk het ’n massiewe impak op die span. Die ouens geniet sy teenwoordigheid. Hy is regtig ’n baie spesiale mens.”

Brits het al in 11 toetse gespeel en was ook in 2015 lid van die Wêreldbekergroep.

Hy het al franchise-rugby gespeel toe die Leeus nog die Cats genoem is. Dit was in 2005.

Brits was ook jare lank ’n staatmaker vir die Westelike Provinsie en die Stormers.

Rugbykampioenskap: Bepalings

Rugbykampioenskap: Puntelys

Rugbykampioenskap: Uitslae

Meer oor:  Schalk Brits  |  Bokke  |  Toetsrugby  |  Rugbykampioenskap  |  Springbokke  |  Wallabies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.