Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Brits lei, maar Bok-kollig op Kolisi
Die flank Siya Kolisi tydens die Springbokke se kapteinsoefening Vrydag op Loftus Versfeld. Foto: Deaan Vivier

Die Siya Kolisi-toets.

Hoewel Rassie Erasmus, die Springbok-breier, die afgelope week aangedui het slegs twee of drie stukke van sy Wêreldbeker-legkaart is nog soek, sal sy fokus Saterdag – op Loftus Versfeld – op sy 28-jarige Bok-kaptein wees.

Erasmus sal eerstens hoop Kolisi lyk ná sy kniebesering naastenby na ’n speler wat oor sowat ’n maand op sy beste sal wees en in Japan van voor kan lei teen die All Blacks.

Want, het Erasmus benadruk, sy kaptein moet 100% wees vir dié afspraak in Yokohama.

Die Bok-afrigter en sy breintrust verdien spesiale vermelding vir hulle puik beplanning gedurende die Rugbykampioenskap.

Die opbrengs is ’n Suidelike Halfrond-kroon, gesonde diepte, hope selfvertroue en ’n groot gros spelers wat skerp en taamlik uitgerus is.

Tog sal Erasmus hoop op ’n verdere goeie wending met Kolisi se vertoning.

Ondersteuners sal onthou dat van Erasmus se voorgangers by vorige toernooie swak oordeel gehad het.

Die Loftus-toets teen Argentinië sal hopelik bevestig dat hy nie ’n moeilike besluit op hande het nie.

Ondersteuners sal onthou dat van Erasmus se voorgangers by vorige toernooie swak oordeel gehad het.

Nick Mallett moes Gary Teichmann in 1999 saamgevat het WB-toernooi toe, maar het sy hoop op Bob Skinstad gevestig, wat toe nog nie behoorlik van ’n ernstige kniebesering herstel het nie.

Peter de Villiers het in 2011 blindelings in John Smit geglo (hoewel Bismarck du Plessis op spelpeil eintlik die nr. 2-trui moes gedra het) en Heyneke Meyer het in 2015 sy vertroue in Jean de Villiers geplaas, al was hy ook ver van sy beste ná ’n knie-herkonstruksie aan die einde van 2014.

Mag Erasmus se naam nie tot dié lys gevoeg word nie.

Schalk Brits, wat die Springbokke Saterdag aanvoer, deel ’n mooi oomblik met Scarra Ntubeni, die haker wat hom straks iewers in die tweede helfte sal vervang en in die proses sy toetsdebuut sal maak.Foto: Deaan Vivier

Wanneer die Bokke, onder leiding van Schalk Brits, Saterdag teen die Poemas aantree, sal die toets nie veel meer as ’n Wêreldbeker-losmaker wees nie.

Verlede jaar se ontmoeting met Wallis in Washington het beswaarlik toetsstatus verdien.

Tot ’n groot mate Saterdag se toets ook, hoewel dit ’n waardevolle rigtingwyser vir Erasmus en sy Argentynse eweknie, Mario Ledesma, sal wees.

Die Bokke se skakelpaar, Elton Jantjies en Cobus Reinach, het nie baie rugby gespeel in die Rugbykampioenskap nie en is ’n onbeproefde kombinasie.

Erasmus sal nietemin hoop hulle gee hom gerustelling oor die diepte in die groep.

Sou daar besluit word om – gegewe Pieter-Steph du Toit se insluiting as ’n losvoorspeler – net drie slotte te kies vir Japan, kan Lood de Jager en RG Snyman se pogings bepalend wees.

Dit is ondenkbaar dat De Jager of Snyman dalk by die huis moet bly.

Brits het intussen Vrydag gesê sy span sal daarop uit wees om ’n afgeronde vertoning te lewer.

“Dit is lekker en ongelooflike voorreg (om die Bokke aan te voer), maar dit sal lekkerder wees as ons goed kan speel en wen.

Dit is lekker en ongelooflike voorreg (om die Bokke aan te voer), maar dit sal lekkerder wees as ons goed kan speel en wen.
Schalk Brits

“As die ondersteuners môre gelukkig en tevrede by Loftus wegstap, het ons in ons doel geslaag.”

Hy sê die insluiting van die slot Tomas Lavanini sal die besoekers se pak versterk.

“Hulle is ’n trotse nasie en kry seer (ná verlede Saterdag se groot nederlaag teen Suid-Afrika in Salta). Ons weet hulle gaan met alles inklim.”

* Ledesma moes noodgedwonge ’n laat verandering aan sy 23-tal aanbring.

Die veteraan-haker Agustin Creevy het weens persoonlike redes terug gevlieg huis toe en Santiago Socino neem sy plek op die plaasvervangersbank in.

Die spanne is:

Suid-Afrika: Warrick Gelant, S’bu Nkosi, Jesse Kriel, André Esterhuizen, Dillyn Leyds, Elton Jantjies, Cobus Reinach, Marcell Coetzee, Rynhardt Elstadt, Siya Kolisi, Lood de Jager, RG Snyman, Vincent Koch, Schalk Brits (k), Thomas du Toit. PLAASVERVANGERS: Scarra Ntubeni, Lizo Gqoboka, Wilco Louw, Marvin Orie, Marco van Staden, Kwagga Smith, Faf de Klerk, Frans Steyn.

Argentinië: Joaquin Tuculet, Sebastian Cancelliere, Jeronimo de la Fuente, Lucas Mensa, Ramiro Moyano, Joaquin Diaz Bonilla, Felipe Ezcurra, Javier Ortega Desio, Marcos Kremer, Pablo Matera (k), Tomas Lavanini, Guido Petti, Santiago Medrano, Julian Montoya, Mayco Vivas. PLAASVERVANGERS: Santiago Socino, Nahuel Tetaz Chaparro, Juan Figallo, Matias Alemanno, Tomas Lezana, Gonzalo Bertanou, Ben Urdapilleta, Santiago Carreras.

Skeidsregter: Luke Pearce (Eng).

Assistent-skeidsregters: Andrew Brace (Ier), Pierre Brousset (Fr).

TV-skeidsregter: Simon McDowell (Ier).

Afskop: 17:05 (SS 1 en GDN en vanaf 19:00 op SABC 2).


Meer oor:  Schalk Brits  |  Siya Kolisi  |  Rassie Erasmus  |  Loftus Vers­Feld  |  Pretoria  |  Kaptein  |  Toets  |  Rugby  |  Haker  |  Springbokke  |  Poemas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.