Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Britse joernaliste vereer Kolisi

Die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, is deur die Britse Rugby Union Writers’ Club (RUWC) aangewys as sy Persoonlikheid van die Jaar vir 2019.

Siya Kolisi is aangewys as Britse rugbyskrywers se Persoonlikheid van die Jaar vir 2019. Foto: Gallo Images

Kolisi, wat die Bokke aangevoer het toe hulle verlede seisoen die Webb Ellis-beker in Japan gewen het, is Maandagaand in Londen met die Pat Marshall-gedenkprys vereer nadat dié klub se meer as 200 lede hulle stemme uitgebring het.

Die 28-jarige flank is in 2018 as Suid-Afrika se eerste swart Bok-toetskaptein aangewys.

Hy het die harte van ondersteuners oor die wêreld heen gewen met sy vertonings op die veld en nederigheid van die veld af.

Suid-Afrika het die heilige graal van wêreldrugby ’n derde keer verower toe hy Engeland in die WB-eindstryd oortuigend met 32-12 in Jokohama verslaan het.

Kolisi was ná die tyd baie emosioneel oor die paadjie wat hy gestap het – van ’n arm seun wat in ’n township buite Port Elizabeth in groot armoede by sy ouma gewoon het tot ’n suksesvolle Bok-leier.

Die Bokke se hoofbreier in Japan, Rassie Erasmus, sowel as die skrumskakel Faf de Klerk was saam met Wallis en Japan se WB-kapteins, onderskeidelik Alun Wyn Jones en Michael Leitch, op die kortlys.

Kolisi volg die Ierse losskakel Johnny Sexton op as wenner van dié prys en hy volg in die spore van spelers soos Mervyn Davies, Jonah Lomu, Martin Johnson, Jonny Wilkinson, Dan Carter en Francois Pienaar.

Die voormalige Skotse kaptein en stut Tom Smith, wat kolorektale kanker het, het ’n spesiale prys gekry vir sy diens aan die spel.

Smith (48) het tussen 1997 tot 2005 in 61 toetse gespeel en was ’n staatmaker vir die Britse en Ierse Leeus, wat in 1997 ’n reekssege van 2-1 oor die Bokke behaal het in Suid-Afrika. – SuperSport; Reuters en Sportredaksie

Meer oor:  Bokke  |  Stormers  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  Siya Kolisi  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.