Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Britse Leeus se aikôna vir Australië

Die raad van die Britse en Ierse Leeus-rugbyspan het ’n aanbod van Rugby Australië om die komende toer na Suid-Afrika Doer Onder aan te bied, van die hand gewys.

Die Britse en Ierse Leeus moet tussen 3 Julie en 7 Augustus deur Suid-Afrika toer, maar die toer is nog in die weegskaal weens die Covid-19-pandemie.

Volgens die BBC het die Leeus se bestuur Vrydag vergader en besluit om nie die Aussies se aanbod te aanvaar nie.

’n Finale besluit oor waar die toer sal plaasvind, sal later vandeesmaand geneem word.

Daar is glo vier keuses op die tafel: om die toer in Brittanje en Ierland aan te bied en vier pleks van drie toetse te speel; om steeds deur Suid-Afrika te toer met beperkte toeskouergetalle of selfs dalk sonder toeskouers in die sta- dions; om die toer na 2022 uit te stel, of om dit heeltemal te kanselleer.

Die laaste twee opsies lyk na die onwaarskynlikste. – Reuters

Meer oor:  Toer  |  Suid-Afrika  |  Rugby Australië  |  Britse Leeus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.