Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Brumbies byt vas om Rebels te klop

Die Rebels het Sondag ’n gulde geleentheid verspeel om die Brumbies te klop en sodoende ’n stappie nader aan die uitspeelronde van die Superrugby AU-reeks te wees.

Lekkerte! Die Brumbies se Tom Wright skuif oor die doellyn vir een van sy span se vier drieë. Foto: Getty Images

Die Brumbies het vier drieë gedruk om met 26-20 in Melbourne te wen. Teen die einde was daar ’n paar benoude oomblikke vir die wenspan.

Die Rebels het ’n strafskop by ’n skrum gemelk en daarna alles probeer om nog ’n drie te druk . . . en bitter naby daaraan gekom. Helaas, het ’n hanteerfout ’n einde aan hul poging tot ’n oorwinning gebring.

Die Brumbies, reeds verseker van ’n plek in die uitspeelronde, het aanstaande week ’n loslootjie, terwyl die Rebels en die segelose Waratahs kragte meet.

Die Reds is reeds verseker van ’n plek in die eindstryd, terwyl die Brumbies in die uitspeelwedstryd teen die span wat derde klaarmaak te staan sal kom.

Die Western Force het 14 en die Rebels 12 punte.

Puntemakers: Brumbies 26 (19): Drieë: Rory Scott, Cadeyrn Neville, Tom Wright, Bayley Kuenzle. Doelskoppe: Ryan Lonergan (2), Noah Lolesio.

Rebels 20 (7): Drieë: James Hanson, Joe Powell. Doelskoppe: Matt Toomua (2). Strafdoele: Toomua (2). – Sportredaksie

Meer oor:  Melbourne  |  Rugby  |  Superrugby Au-Reeks  |  Rebels  |  Brumbies  |  Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.