Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Brumbies-kragmanne keer terug
Allan Alaalatoa Foto: Getty Images

Die Brumbies se uitgedunde voorry het voor hul Superrugby AU-wedstryd teen die Reds Saterdag in Brisbane goeie nuus gekry.

Die Wallabies Allan Alaalatoa en Scott Sio is terug as stutte in die groep vir die wedstryd tussen die twee voorloperspanne.

Sio (elmboog) en Alaalatoa (skorsing) het lanklaas gespeel. James Slipper, die span se ander stut, het ook onlangs eers teruggekeer.

Alaalatoa was vir drie wedstryde geskors ná sy gevaarlike duikslag op die Rebels se stut Pone Fa’amausili.

Hy is in die beginspan ingesluit volgens smh.com.au, terwyl Sio vir Slipper in die tweede helfte sal vervang.

Darcy Swain se insluiting op slot is die enigste ander verandering aan die beginspan wat die Waratahs verlede Vrydag met 24-22 geklop het.

Die onoorwonne Reds het op hul beurt nie getorring aan die beginspan wat die Rebels met 44-19 Saterdag afgeransel het nie.

Liam Wright (flank) sal as plaasvervanger vir die eerste keer die seisoen speel nadat hy sy enkel in die voorseisoen beseer het.

Die Reds kan vir hulle ’n eindstryd by die huis bespreek as hulle die Brumbies weer kan klop. Hulle het die vorige wedstryd tussen die spanne in Canberra met 40-38 gewen. – Sportredaksie

Meer oor:  Reds  |  Brumbies  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.