Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Joe Powell pak sy mentor in halfeind

Die Brumbies-skrumskakel Joe Powell het iets ekstra wat hom motiveer vir Vrydag (Argentynse tyd) se Superrugby-halfeindstryd teen die Jaguares in Buenos Aires.

Joe Powell, die Brumbies se skrumskakel, het ekstra motivering vir sy span se halfeindstryd in die Super-reeks teen die Jaguares.Foto: Getty Images

Die 25-jarige Powell het sy debuut vir die Brumbies in 2015 gemaak toe Nic White beseer was en hy ’n kortermynkontrak aangebied is.

Die volgende jaar het hy ’n volle kontrak by die Australiese franchise gekry. Hy het egter die meeste van die tyd op die plaasvervangersbank gesit, omdat Tomas Cubelli, teen wie hy waarskynlik Vrydag regstreeks te staan gaan kom, die eerste keuse op skrumskakel was.

Cubelli was daardie tyd al ’n ervare toetsspeler en het as ’n tipe mentor vir Powell opgetree in die twee jaar wat hy in Canberra was.

“Hy het my regtig in my eerste jare by die Brumbies gehelp en dit sal lekker wees om hierdie naweek teen hom te speel,” sê Powell op Rugby Australia se amptelike webwerf (rugby.com.au).

Die ervare Argentynse skrumskakel Tomas Cubelli was op ’n tyd vir Joe Powell ’n mentor gewees.Foto: Getty Images

“Hy het my geleer om vertroue in my eie spel te hê.”

Toe Cubelli in 2017 weens ’n kniebesering vier maande langs die kantlyn was, het Powell sy kans gekry.

Cubelli het die volgende seisoen na Argentinië teruggekeer.

Cubelli het nie gespeel toe die Jaguares en die Brumbies mekaar verlede seisoen in Canberra gepak het nie.

Powell was op sy beurt ’n plaasvervanger toe die twee spanne vroeër hierdie seisoen kragte gemeet het.

Die Jaguares was toe met 20-15 baas met dié nederlaag wat gedreig het om die Brumbies se kans om die uitspeelwedstryde te haal, te beduiwel.

Die Brumbies het egter laer getrek en daarna sewe agtereenvolgende oorwinnings behaal.

Volgens Powell is dit ’n bewys van hoe ’n moeilike span die Brumbies is om te klop as al die spelers hul beste lewer.

“Ons is vroeër in die seisoen deur moeilike tye en het baie geleer oor hoe om onder druk te reageer,” sê Powell. – Reuters

Meer oor:  Argentinië  |  Brumbies  |  Buenos Aires  |  Superrugby-Reeks  |  Jaguares
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.