Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Brunel aangestel as nuwe Franse breier

Jacques Brunel, die voormalige hoofafrigter van die Italiaanse rugbyspan, is Woensdag as die nuwe man in beheer van Frankryk se nasionale span aangestel.

Jacques Brunel. Foto: Getty Images
Guy NovesFoto: Gallo Images

Brunel, wat tans die klubspan Bordeaux Begles brei, vervang die beleerde Guy Novès wat vanjaar net drie toetse in beheer van Les Bleus kon wen.

Frankryk het onder Novès ’n rampspoedige toer na Suid-Afrika beleef, met die Springbokke wat die besoekers oortuigend in al drie kragmetings geklop het.

Frankryk het ook tuis teen die All Blacks kleigetrap en ’n vierde keer vanjaar teen Suid-Afrika verloor.

Die gelykopuitslag teen Japan in November was die laaste strooi vir die Franse Rugbyunie (FFR).

“Ek het gehoop dat ons Guy en sy bestuurspan tot en met 2019 se Wêreldbekertoernooi in Japan sou behou, maar iets moes gedoen word,” het Bernard Laporte, president van die FFR, gesê.

“Ons kon nie meer so aangaan nie en ons moes verantwoordelikheid neem. Dit is ’n pynlike situasie vir hom en vir ons, maar dit kon nie so voortduur nie.

“Daar is verskeie kandidate wat vir die pos oorweeg kon word, maar ek ken Jacques Brunel goed. Hy het die ervaring. Hy is die tipe persoon wat dié groot verantwoordelikheid op sy skouers kan dra.”

Die 63-jarige Brunel sal ná Saterdag se Top14-wedstryd tussen Bordeaux en Stade Francais die rol van Franse afrigter oorneem.

Brunel word aan die diepkant ingegooi, aangesien die Sesnasiesreeks oor net ’n bietjie meer as ’n maand afskop.

Les Bleus se eerste wedstryd is op 3 Februarie teen Ierland in die Stade de France.

Die Franse span toer ook volgende jaar na Nieu-Seeland vir drie toetswedstryde.

Brunel het die Italiaanse span na die 2015-Wêreldbekertoernooi geneem, maar nie in sy termyn groot sukses behaal nie. – Sportredaksie, Reuters

Meer oor:  Jacques Brunel  |  Frankryk  |  Hane  |  Afrigter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.