Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Buitelanders doen ook aansoek

Die Vrystaat Rugbyunie sê hy het sowat 30 aansoeke vir die afrigterspos van Franco Smith ontvang, wat ook aansoeke uit die buiteland insluit.

Hawies Fourie. Foto: Gallo Images

Vrydag (vandag) was die laaste dag waarop aansoek gedoen kon word vir dié betrekking.

Smith, hoofafrigter van die Cheetahs, gaan sy loopbaan in Italië voortsit.

Hy verlaat die unie eers aan die einde van November en sal in Januarie die leisels neem as breier van Italië se nasionale span.

Luidens ’n verklaring van die unie beskik van die aansoekers oor “baie goeie ervaring”.

Die volgende stap in die proses is dat ’n paneel van ses lede die kandidate sal sif en ’n kortlys van drie tot vyf opstel.

Daar is intussen nog geen aanduiding van wie op die paneel gaan dien nie.

Die uitvoerende hoof van die Cheetahs, Harold Verster, het vroeër gesê dat die paneel uit ses kundiges sal bestaan.

“Ons gaan nie die name van diegene wat op die paneel gaan dien, bekendmaak nie, aangesien dit ’n sensitiewe aangeleentheid is,” het hy gesê.

Daan Human. Foto: Gallo Images

Die nuwe afrigter sal voor die einde van Junie bekend gemaak word.

Hy sal Smith in die komende Curriebeker-reeks bystaan.

Dit is om die spelers te leer ken en gewoond te raak aan hoe dinge gedoen word voordat die Pro14-reeks in September begin.

Die name van Hawies Fourie, Corniel van Zyl, Daan Human, Deon Davids, Jimmy Stonehouse, Jonathan Mokuena, André Tredoux en Matthew Proudfoot is vroeër as moontlike opvolgers vir Smith genoem.

Davids, afrigter van die Southern Kings, is glo ook geoormerk om die Junior Springbokke se nuwe afrigter te word.

Meer oor:  Cheetahs  |  Franco Smith
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.