Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bul-haker sê Brits is bate, nie bedreiging
Johan Grobbelaar is een van die opkomende sterre by Loftus. Foto: Gallo Images

Die Bulle-haker Johan Grobbelaar hoop sy eerste kennismaking met ’n Aussie sal ná Saterdag goeie herinneringe inhou.

Hoewel die 21-jarige Grobbelaar verlede seisoen sy Superrugby-debuut gemaak het, is die wedstryd teen die Waratahs sy eerste teen oorsese teenstand én eerste op Loftus Versfeld in dié kompetisie.

Dié oud-Paarliet sê hy weet al te goed hy moet die meeste maak van elke kans wat hy kry.

Schalk Brits is steeds geskors (hy kan volgende naweek teen die Crusaders terugkeer), Corniel Els is vort na die Pumas en Edgar Marutlulle is op die langtermyn-beseringslys.

Grobbelaar het tot onlangs vir die Tukkies in die Varsitybeker-reeks uitgedraf.

Daar moet ’n mate van frustrasie wees vir ’n speler van wie daar al lank by Loftus as ’n toekomstige Springbok gepraat word.

“Ek besef ek is nog baie jonk en moet op die groter prentjie fokus.

“Ek is baie bly vir die kans en dit was verlede naweek teen die Stormers ’n groot ervaring vir my.

“In rugby kan ongeduldigheid ’n ou se grootste vyand wees. Dit is ’n voorreg om Superrugby te speel, maar die Varsitybeker-reeks is ook ’n wonderlike kompetisie en ek is bly ek kon deel wees daarvan.

In rugby kan ongeduldigheid ’n ou se grootste vyand wees. Dit is ’n voorreg om Superrugby te speel, maar die Varsitybeker-reeks is ook ’n wonderlike kompetisie.
Johan Grobbelaar

“Superrugby is baie vinniger en die intensiteit is iets waaraan ek gewoond moet raak.”

Grobbelaar sê hy beskou Brits, wat vanjaar vir die Bulle speel nadat die Stormers hom nie kon bekostig nie, as ’n groot mentor.

“Hy het ’n beroepspeler geword twee jaar nadat ek gebore is.

“Ek het hom van skool af dopgehou, maar het nooit gedink ek sal saam met hom speel nie.

Die Bulle se Springbok-haker Schalk Brits.

“’n Hele paar mense het my verlede jaar gevra of dit vir my sleg is dat hy Bulle toe kom. Ek was van die begin af opgewonde en Schalk doen baie moeite met my.

“Dit is regtig baie waardevol om hom hier te hê.

“Ja, ek gaan eendag ’n paar wedstryde minder gespeel het, maar die ervaring om by hom te leer, glo ek is van groter waarde.”

Grobbelaar herinner juis aan ’n jong Brits.

“Ek is, soos Schalk, nie die grootste haker in Superrugby nie en ek probeer met my werkverrigting daarvoor vergoed.

“Sy vaardighede is baie goed en ek is nog nie op daardie vlak nie. Schalk moet my ook nog leer hoe ’n haker moet aftrap.”

Grobbelaar sê die Bulle sal Saterdag met groter intensiteit moet speel teen die span van Sydney, wat oorgehaal sal wees om die tuisnederlaag teen die Haaie met ’n wegsege op te volg.

“Die Waratahs is gedug in die vaste fasette en hul rolmale is goed. Ons kan hulle nie toelaat om ons voor te oorheers nie.”

Meer oor:  Schalk Brits  |  Pretoria  |  Rugby  |  Bulle  |  Superrugby  |  Varsitybeker  |  Haker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.