Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Marnitz se loopbaan in weegskaal

Die Blou Bulle se sukkelvertoning bly een van die grootste raaisels in vanjaar se Curriebeker-kompetisie.

Daar was ná die Superrugby-reeks verstaanbaar groot verwagtinge by Loftus Versfeld dat die span se lang bekerdroogte dié seisoen sal eindig.

Die stut Lizo Gqoboka was Woensdag terug op Loftus se B-veld en is in die Blou Bulle se beginspan gekies vir Saterdag se ontmoeting in die Curriebeker-reeks met die Haaie. Foto: Gallo Images

’n Span met ’n hele paar Springbokke, Blitsbokke en hope Superrugby-ervaring in sy geledere, was darem tot veel beter in staat.

Só is daar vyf Bokke in die Bulle se 23-tal vir Saterdagaand se Curriebeker-wedstryd teen die Haaie op Loftus.

Pote Human, die hoofafrigter, het sy agttal versterk met die stut Lizo Gqoboka en die flank, Marco van Staden, wat albei ná die toets teen Argentinië uit die Bok-kamp vrygestel is.

Hy sê dit is “wonderlik” om Gqoboka, wat nog nie vanjaar in die Curriebeker-reeks vir die Ligbloues gespeel het nie, terug te hê in die voorry.

“Hy is baie teleurgesteld dat hy nie die Springbokke se Wêreldbeker-groep gehaal het nie, maar Lizo is altyd positief en sal Saterdag ’n punt wil bewys.

“Hy het sy waarde onderstreep in die Superreeks en ek slaan hom hoog aan.

“Ek dink hy is baie ongelukkig om nie in die groep te wees nie. Wie weet, dalk kry hy nog ’n kans as daar beserings is.”

Gqoboka begin in Dayan van der Westhuizen se plek, terwyl Van Staden by Fred Eksteen oorvat.

PRETORIA, SOUTH AFRICA - OCTOBER 01: Marnitz Bosho
Marnitz Boshoff. Foto: Gallo Images

Die Junior Springbok Vaughen Isaacs is die nuwe plaasvervanger-losskakel in Marnitz Boshoff se plek.

Boshoff het weer ’n kniebesering opgedoen en word Vrydag geopereer.

Die Bulle sal Saterdagaand teen afskoptyd weet of die Westelike Provinsie gekwalifiseer het om saam met Griekwas, die Vrystaat-Cheetahs en Goue Leeus in die halfeindronde te speel.

Verloor die WP egter, sonder om ’n bonuspunt in te samel, sal die deur na die halfeindronde nog op ’n skrefie vir die Bulle oop wees.

Human sê sy span kan nie toelaat dat hy fokus verloor met dít wat op die puntelys gebeur nie.

“As dit ons laaste wedstryd is, moet ons op ’n hoë noot groet.

“Dit is alles of niks en enigiets kan gebeur. Die Bulle was al voorheen in dié posisie.”

* Daar is groot kommer oor Boshoff se jongste besering. Hy het die afgelope seisoen of wat verskeie kniebeserings gehad.

Human sê Boshoff het die besering opgedoen toe hy verlede week by Loftus sy skoppe geoefen het.

“Ons is baie bekommerd dat dit dalk die einde van sy loopbaan kan wees.

“Ek voel jammer vir Marnitz. Hy is ’n ongelooflike mens en ’n begaafde speler, maar ek is bevrees dit gaan dalk die laaste wees,” sê Human.

Blou Bulle: Divan Rossouw, Cornal Hendricks, Johnny Kotze, Dylan Sage, Rosko Specman, Manie Libbok, Ivan van Zyl (k), Tim Agaba, Wian Vosloo, Marco van Staden, Ruan Nortjé, Andries Ferreira, Wiehahn Herbst, Johan Grobbelaar, Lizo Gqoboka. PLAASVERVANGERS: Corniel Els, Dayan van der Westhuizen, Conraad van Vuuren, Jean Drotste, Ruan Steenkamp, Embrose Papier, Vaughen Isaacs, Stedman Gans.

Meer oor:  Haaie  |  Bulle  |  Marnitz Boshoff  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.