Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bulle begin met soektog na wenresep

Ons sál ’n wenresep kry.

Jake White, die Bulle se direkteur van rugby, het die versekering gegee toe hy die afgelope week op ’n mediakonferensie gevra is waarom Bulle-ondersteuners hoopvol moet wees dat hy die span se gloriedae kan laat herleef.

Die Springbok-senter Lukhanyo Am sal die Bulle Saterdag op Loftus deeglik toets in die middelveld. Foto: Gallo Images

In kort: Om dit te vermag wat Frans Ludeke (aan die einde van sy tyd by Loftus Versfeld), Nollis Marais, John Mitchell en Pote Human nie kon nie.

“Ja, ek weet hier was al baie beloftes dat die span se trots en kultuur teruggebring sal word. Ons gaan dit doen met harde werk.

“Ons kan dinge omdraai met die spelers wat ons het en as dit nodig is, sal ons ander spelers ook inbring.

“Daar word baie gemaak van hoe ons gaan speel. Ondersteuners gee nie om oor die speelstyl nie, hulle wil net hê jy moet wen,” sê White.

“As die span wen, gee niemand om hoe dit gebeur nie. Jy wil aanskoulike rugby speel, maar dit gaan uiteindelik daaroor om bekers te wen.

“Ek weet afrigters het hier gesit (met dieselfde beloftes), maar daar was ook afrigters wat hier gesit het en alles gewen het.”

Ondersteuners gee nie om oor die speelstyl nie, hulle wil net hê jy moet wen.
Jake White

Wanneer Suid-Afrikaanse rugby Saterdag op Loftus hervat word, sal die Bulle se losmaker teen die Haaie die eerste stap wees om White se wenresep gestalte te begin gee.

In die Bulle-groep van 30 spelers is daar ’n goeie mengsel van toetservaring, veterane, opkomende sterre en sewesflair.

Dit gaan veral belangrik wees dat White en sy afrigtingspan ’n paar antwoorde oor kombinasies kry.

Die moontlike proeflopie van Cornal Hendricks op binnesenter is ’n aanduiding dat daar nog baie moet gebeur voordat daar op ’n senterpaar besluit sal word.

Stravino Jacobs, ’n produk van Paarl Gimnasium, word as ’n ongelooflike speler deur White beskryf en hy kry ’n kans om dié lof te regverdig.

In die agttal is daar spelers soos die Bokke Arno Botha en Juandré Kruger, wat met die intrapslag hul aandele ’n hupstoot sal wil gee.

Die Springbokke se moontlike deelname aan die Rugbykampioenskap is ’n verdere oorweging.

“Ons sal moet uitpluis wat ons te doen staan as ons wel Springbokke gaan verloor.

“Niemand weet of hulle gaan of nie, maar ons moet ons planne agtermekaar kry, sou dit gebeur.

“Ons sal volgende week (die Groen en Goud-stryd op Nuweland) ’n paar spelers verloor en dit gee ons nog ’n kans om na ’n paar ander spelers te kyk,” sê White.

Bulle:

Agterspelers: Gio Aplon, David Kriel, Cornal Hendricks, Jade Stighling, Stravino Jacobs, Travis Ismaiel, Kurt-Lee Arendse, Clinton Swart, Stedman Gans, Morné Steyn, Chris Smith, Embrose Papier, Ivan van Zyl, Marco Jansen van Vuren.

Voorspelers: Duane Vermeulen (k), Arno Botha, Nizaam Carr, Tim Agaba, Marco van Staden, Muller Uys, Ruan Nortjé, Sintu Manjezi, Juandré Kruger, Jason Jenkins, Trevor Nyakane, Mornay Smith, Jacques van Rooyen, Jan-Hendrik Wessels, Schalk Erasmus, Corniel Els.

Haaie:

Agterspelers: Grant Williams, Sanele Nohamba, Jaden Hendrikse, Curwin Bosch, Jordan Chait, Muller du Plessis, Caleb Dingaan, Jeremy Ward, Marius Louw, Lukhanyo Am (k), JP Pietersen, Werner Kok, Manie Libbok, Thaakir Abrahams.

Voorspelers: Ox Nche, Mzamo Majola, Dylan Richardson, Dan Jooste, Thomas du Toit, John-Hubert Meyer, Ruben van Heerden, JJ van der Mescht, Hyron Andrews, Emile van Heerden, Evan Roos, Adam Mountfort, Celimpilo Gumede, Tera Mtembu, Sikhumbuzo Notshe, Phepsi Buthelezi.

Skeidsregter: Rasta Rasivhenge

Assistent-skeidsregters: Aimee Barrett-Theron, Morné Ferreira.

TV-skeidsregter: Willie Vos

TV: 16:30 op SS Grandstand (201), SS Rugby (211) en GDN

Meer oor:  Haaie  |  Jake White  |  Bulle  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.