Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bulle ‘bly gunsteling’ op Loftus

Selfs al het die Bulle 28 van hul spelers Treviso toe gestuur vir die Reënboogbeker-eindstryd teen Benetton, meen Rito Hlungwani die Westelike Provinsie is steeds die “buiteperd” vir Saterdag se Curriebeker-wedstryd op Loftus Versfeld.

Want, sê die Streeptruie se voorspelerafrigter, die Kaapse span is self sonder 28 van sy voorste spelers weens nasionale verpligtinge, die krukkelys en siektes.

Rito Hlungwani, voorspelerafrigter van die Westelike Provinsie, glo sy span is die buiteperd vir Saterdag se Curriebeker-wedstryd teen die Bulle op Loftus Versfeld. Foto: Gallo Images

Op haker is die WP byvoorbeeld sonder sy Springbokke Bongi Mbonambi en Scarra Ntubeni, terwyl André-Hugo Venter by die Junior Springbokke is en Chad Solomon van ’n besering herstel.

Hakers nr. 5 en 6 sal gevind word onder die Maties se JJ Kotze, die Universiteit van Wes-Kaapland se Jason Alexander en dalk selfs Sazi Sandi, ’n vaskopstut wat op hoërskool die nr.2-trui gedra het.

Maar weerskante van die haker wat gekies gaan word, is daar steeds ’n paar ysterstutte in Ali Vermaak en Neethling Fouché.

Om sy punt te staaf dat die Bulle – selfs sonder hul toergroep en spelers wat aan die Bokke en Junior Bokke afgestaan is – die gunsteling sal wees, wys Hlungwani daarop dat die Kapenaars se wenrekord op Loftus die afgelope ruk vrot is en ook dat die Pretorianers uit die geledere van die Varsitybeker-kampioen, Tuks, kan kies.

Hlungwani sê daar sal spelers wees wat die eerste keer in ’n WP-trui op die veld draf.

Die hemelbesem David Meihuizen sal vir die WP ’n sleutelspeler wees in Saterdag se wedstryd teen die Bulle. Foto: Gallo Images

Sowel die gunsteling as die buiteperd – wie dit ook al mag wees – sal uiters afgewaterde spanne na die slagveld stuur.

Maar ongeag die hoek waaruit dit gekyk word, bly dit die Bulle teen die WP, ’n kragmeting wat selfs onder hierdie omstandighede betekenisvol is.

“Vir van die ouens sal dit hul eerste CB-wedstryd wees. Dit sal later in die spelers se lewens ’n lekker storie wees om te vertel dat hul eerste CB-wedstryd op Loftus teen die Bulle was. Dis ’n groot wedstryd, al speel die top-ouens nie,” sê Hlungwani.

“Dis ’n uitdaging, maar ons moet aanpas. Ons het goeie talent in die Wes-Kaap. Ons werk hard om seker te maak dat ons teen Saterdag goeie strukture in plek het en dat almal daarmee vertroud is.”

Met Salmaan Moerat en JD Schickerling beseer en Marvin Orie by die Bokke, sal David Meihuizen op slot veral in die lynstane ’n belangrike rol vervul.

Juarno Augustus se ervaring onder die losvoorspelers kan ook van groot waarde vir die WP wees.

Meer oor:  Rito Hlungwani  |  Wp  |  Bulle  |  Curriebeker  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.