Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bulle buit Southern Kings se woelige haker
Die Kings-haker Edgar Marutlulle sal van Augustus af vir die Blou Bulle beskikbaar wees. Foto: WERNER HILLS

Edgar Marutlulle, die Southern Kings se vurige haker, gaan vir die Blou Bulle speel.

“Dit is waar. Ek het ’n kontrak met die Blou Bulle gesluit om vir drie jaar vir hulle te speel,” het die 28-jarige Marutlulle Dinsdag gesê.

“Ek begin op 1 Augustus in Pretoria. Dis ’n droom wat vir my waar word, want toe ek op skool was, was die Bulle die span wat ek ondersteun het.”

Volgens Marutlulle, wat vanjaar ook die SA A-span gehaal het, het die tipe spel wat die Bulle deesdae speel ’n rol in sy besluit gespeel.

“Met Nollis Marais as afrigter is die Bulle besig om opwindende rugby te speel,” het Marutlulle gesê.

“Dis my soort rugby. Ek hou mos daarvan om met die bal te hardloop.”

Hy het bygevoeg dat hy nie omgee watter ander hakers reeds by die Bulle is nie.

“Ek is vir niemand bang nie. Ek sal net my beste lewer en dinge sal gebeur soos dit moet,” het hy gesê.

Hy sien daarna uit om weer saam met Lizo Gqoboka, wat ook voorheen vir die Kings gespeel het, in die voorry te sak.

Gqoboka het teen die einde van verlede jaar reeds, toe die Oostelike Provinsie se geldbom gebars het, na Pretoria verhuis.

Marutlulle het in die Baai vasgebyt en was een van die uitblinkers van die Kings wat ’n stormagtige tydjie in die Super-reeks beleef het.

Marutlulle, wat in Boksburg gebore is, het tevore ook vir die Leeus en die Luiperds gespeel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.