Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bulle-flanke moet WP-besit vertraag
Die Springbok-skrumskakel Ivan van Zyl laat loop Donderdagoggend die bal in die Bulle se oefensessie.Foto: Gallo Images

Marco van Staden en Ruan Steenkamp is met ’n spesifieke oorweging as die Blou Bulle se flankpaar gekies vir Saterdag se Curriebeker-ontmoeting met die Westelike Provinsie op Loftus Versfeld in Pretoria.

Daar word in die Bulle-rugbykamp gehoop die duo kan by die afbreekpunte verhoed dat die Streeptruie vinnige besit vir gevaarmanne agterlangs kry.

Die besoekers het sover in die reeks korte mette van alle teenstand gemaak en het in die proses al ’n paar skitterende drieë gedruk.

Hulle is dodelik as hulle vinnige besit kry en ek dink Marco en Stoney sal ’n goeie kombinasie op die grond wees.
Pote Human

“Ons sal hul besit stadig moet maak. Hulle is dodelik as hulle vinnige besit kry en ek dink Marco en Stoney sal ’n goeie kombinasie op die grond wees.

“Dit was ’n maklike besluit om hulle saam te kies,” sê Pote Human, afrigter van die Ligbloues.

Van Staden is een van vier Springbokke wat terugkeer vir die Bulle.

Trevor Nyakane sal aan die vaskopkant sak, terwyl die skrumskakels Ivan van Zyl en Embrose Papier albei in die 22-tal is.

Human sê dié viertal het Maandag met groot ywer by Loftus opgedaag.

“Hulle is positief en wil graag speel, want nie een van hulle het juis die laaste tyd baie gespeel nie. Iemand soos Embrose het Saterdag ses of sewe minute gespeel (teen die All Blacks) en het in die geheel baie min speeltyd gehad.”

André Warner, wat een van die Bulle se sterre in die reeks is, het met Van Zyl en Papier se insluiting in die slag gebly.

Pote Human. Foto: Gallo Images

“Ek is baie jammer vir André, wat hy was werklik goed, maar ek het gevoel ons het Ivan se ervaring nodig en dat Embrose ’n groot impak later in die wedstryd sal maak.”

Human het benadruk hy het geen versoek van Rassie Erasmus, die Springbok-breier, gekry om die twee Bok-skrumskakels te kies nie.

Teen die tyd wat die Bulle se span Donderdag by Loftus aangewys is, was daar geen aanduiding waar die WP die belowende Damian Willemse gekies het nie.

Human is nie hieroor bekommerd nie.

“Die WP het ’n klomp baie talentvolle spelers en dit maak nie regtig saak wie hulle kies nie.

“Ons het nie ons voorbereiding gedoen met sekere individue in gedagte nie.

“Dit sal natuurlik vir Josh (Stander) ’n groot geleentheid wees om op Loftus ’n punt te kom bewys. Ons hoop eintlik hy kry ’n kans.”

Stander het verlede seisoen nog vir die Bulle gespeel, maar is Kaap toe met losskakels soos Handré Pollard, Tinus de Beer, Marnitz Boshoff, Tony Jantjies en Manie Libbok, wat bo hom verkies is.

Nog ’n Bok, die vleuel Jamba Ulengo, het van sy kniebesering herstel en is op regtervleuel gekies in Duncan Matthews se plek.

Matthews sou aanvanklik in die beginspan gewees het, maar het hom weens ’n dyspierbesering aan die span onttrek.

Blou Bulle:
Divan Rossouw, Jamba Ulengo, Johnny Kotze, Franco Naudé, Jade Stighling, Manie Libbok, Ivan van Zyl, Hanro Liebenberg (k), Marco van Staden, Ruan Steenkamp, Eli Snyman, Hendré Stassen, Trevor Nyakane, Jaco Visagie, Matthys Basson. PLAASVERVANGERS: Edgar Marutlulle, Dayan van der Westhuizen, Ruan Nortjé, Nic de Jager, Embrose Papier, Tinus de Beer, Dylan Sage.

Meer oor:  Pote Human  |  Ivan Van Zyl  |  Marco Van Staden  |  Pretoria  |  Curriebeker  |  Loftus  |  Rugby  |  Wp  |  Bulle  |  Skrumskakel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.