Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bulle gaan nie Italië toe om uit te span

Die Bulle klim nie Maandagaand op die vliegtuig met die beskouing dat ’n welverdiende vakansie in Italië op hulle wag nie.

Glad nie, daar is heeltemal te veel logistieke uitdagings by Loftus Versfeld in die aanloop tot Saterdag se Noord-Suid-eindstryd teen Benetton in die Reënboogbeker-kompetisie, sê Edgar Rathbone, uitvoerende hoof van die Blou Bulle Maatskappy (BBM).

Marcell Coetzee sal ook Saterdag in Treviso voor draf vir die Bulle in die Reënboogbeker-kompetisie se Noord-Suid-eindstryd teen Benetton. Foto: Gallo Images

Die Blou Bulle speel boonop Saterdagmiddag in die eerste ronde van die Curriebeker-reeks teen die Westelike Provinsie op Loftus.

Dit gaan ’n saamgeflanste span met heelparty klubspelers wees wat teen die WP sal speel.

Jake White vat ’n groep van 28 spelers Italië toe, maar dit is sonder Trevor Nyakane, Marco van Staden en Morné Steyn, wat hulle by die Springbok-oefengroep in Bloemfontein aangesluit het.

Duane Vermeulen, wat verlede week ’n enkeloperasie ondergaan het, sou ook nie teen Benetton kon speel nie.

Stedman Gans en Kurt-Lee Arendse is by die Blitsbokke, terwyl Elrigh Louw, Arno Botha, Embrose Papier en Sintu Manjezi beseer is.

Voeg daarby jong manne soos Jan-Hendrik Wessels, Reinhardt Ludwig en Rynard Mouton, wat vir nasionale o.20-diens ontbied is, en daar bly nie veel oor in die Bulle se senior groep van 45 spelers om uit te kies nie.

Pine Pienaar bly agter om die Curriebeker-span af te rig, met Edgar Marutlulle en Hayden Groepes wat hom as hulpafrigters sal bystaan.

Dit is ongelukkig ons uitdaging om met twee spanne op een Saterdag mee te ding, maar dit bly ’n voorreg om in die eindstryd in Italië te gaan speel.

Verskeie klubspelers is genooi om Maandagaand by Loftus in ’n proefwedstryd te speel sodat Pienaar sy span kan finaliseer.

Die Bulle het sedert verlede seisoen onder White nog net vier uit 19 wedstryde verloor in die plaaslike Superrugby Unlocked-, Curriebeker- en Reënboogbeker-kompetisie.

Nie een van die nederlae was egter op Loftus nie en die Ligbloues sal onder druk wees om dit Saterdag so te hou teen die Streeptruie.

“Ons het eintlik daaraan gedink om die wedstryd in Atteridgeville (in die weste van Pretoria) te gaan speel om so ons Loftus-rekord te bewaar, skerts Rathbone.

“Dit is ongelukkig ons uitdaging om met twee spanne op een Saterdag mee te ding, maar dit bly ’n voorreg om in die eindstryd in Italië te gaan speel.

“Ons gaan nie die fout maak om Benetton te onderskat nie. Dit is ’n span wat goed afgerig is en dit is steeds ’n wegwedstryd vir ons.”

Robert Hunt, wat onlangs nog vir die Ikeys teen Tuks in die Varsitybeker-eindstryd in die voorry gesak het, is een van die stutte in die groep en Sidney Tobias (haker), wat vir die Northam-klub in die Carltonbeker-kompetisie speel, tel onder die 16 voorspelers.

Tobias is die seun van die voormalige Springbok Errol.

White het besluit om drie skrumskakels, Ivan Van Zyl, Zak Burger en Keagan Johannes, te kies, hoewel Marco Janse van Vuren voorheen ’n spesialis-nr. 9 was.

Die toergroep is:

Agterspelers: Gio Aplon, David Kriel, Madosh Tambwe, Clinton Swart, Cornal Hendricks, Marco Janse van Vuren, Stravino Jacobs, Dawid Kellerman, Chris Smith, Ivan van Zyl, Zak Burger, Keagan Johannes.

Voorspelers: WJ Steenkamp, Muller Uys, Marcell Coetzee (k), Nizaam Carr, Ruan Nortjé, Janko Swanepoel, Jan Uys, Walt Steenkamp, Lizo Gqoboka, Jacques van Rooyen, Mornay Smith, Robert Hunt, Gerhard Steenekamp, Johan Grobbelaar, Schalk Erasmus, Sidney Tobias.

Meer oor:  Benetton  |  Bulle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.