Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bulle: ‘Gee ons R9 m. vir Mitchell’

As julle John Mitchell wil hê, sal julle moet opdok.

Dít was die boodskap van die Blou Bulle Maatskappy (BBM) aan die Engelse Rugbyunie (RFU) wat die dienste van Mitchell, die Bulle se hoofafrigter, wil bekom.

John Mitchell

Engeland wil Mitchell as sy nuwe verdedigingsafrigter aanstel.

Volgens Rapport se bronne in Engeland het die Bulle die RFU se aanvanklike aanbod van sowat £50 000 (sowat R900 000) verwerp. Die BBM het glo gevra vir £500 000 (sowat R9 miljoen). Rapport verstaan ook dat Mitchell se skuif ’n uitgemaakte saak is, selfs al het die BBM die RFU se eerste aanbod verwerp om Mitchell te koop uit sy kontrak wat eers einde Oktober 2019 verstryk.

As die RFU wel opdok soos verwag word, kan Mitchell hom al volgende maand by die Engelse aansluit om hulle met hul voorbereiding vir volgende jaar se Wêreldbekertoernooi te help.

Volgens Rapport se inligting kan Mitchell se salaris as hulpafrigter van die Engelse span ’n reusagtige £300 000 (sowat R5,4 miljoen)per jaar beloop. Dit is aansienlik meer as die R3,5 miljoen per jaar wat Mitchell blykbaar tans as die Bulle se direkteur van rugby verdien.

In sekere kringe by die Bulle word gevra of die direksie nie meer kan doen om dié breier se dienste te behou nie.

Mitchell het al met die BBM se direksie koppe gestamp ná vanjaar se vertonings in die Super-reeks. Toe het hy ’n ultimatum aan die BBM gestel om die regte spelers te werf of hy sal nie sy kontrak verleng nie.

Mitchell het ’n spelersbegroting van R90 miljoen gevra.

Hy het telkens in die laaste paar weke van Superrugby gesê dat die werwingsproses by die Bulle moet verander om meer op gehalte, en nie op kwantiteit nie, te fokus.

Hy het dus by die direksie gepleit om spelers te werf wat in Superrugby kan presteer en wou ’n groep van 40 spelers kontrakteer wat almal van Superrugby-gehalte is. Daar was lede van die direksie wat glo Mitchell se taak as afrigter is eerder om die beste uit spelers te kry en het hom daarop gewys het.

As Mitchell wel na Engeland skuif, sal hy hom aansluit by Eddie Jones, die man wat sy loopbaan as die All Black-breier beëindig het. Jones se Wallabies het Mitchell se All Blacks in die halfeindstryd van 2003 se Wêreldbekertoernooi geklop.

Sedertdien het hy al by 15 ander spanne in ses lande afgerig en die Londense koerant The Times het vandeesweek gevra of Mitchell die beste keuse is. Die koerant wys onder meer na sy omstrede verlede en die feit dat daar ander kandidate is.

Mitchell was vanjaar in beheer van die Bulle se verdediging nadat die BBM Pine Pienaar in ’n herstruktureringsproses afgedank het. Die Bulle het die tweede meeste drieë in Superrugby afgestaan (66) met net die Sunwolves wat meer afgestaan het.

  • Intussen het die Bulle reeds voelers na ander afrigters uitgesteek. Die name van Jimmy Stone­house, Victor Matfield, John Dobson en Hawies Fourie is in die binnekringe van Loftus genoem. Rapport verstaan dat die aanstelling van die nuwe uitvoerende hoof, wat by Barend van Graan sal oorneem, ’n rol sal speel in die aanstelling van Mitchell se opvolger.

Van Graan het by navraag gesê Mitchell het ’n kontrak tot 31 Oktober 2019 met die BBM.

Meer oor:  John Mitchell  |  Bulle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.