Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bulle gly; Marco en Roelof lank buite aksie

Laaste op die puntelys in die Suid-Afrikaanse konferensie, ’n span wat agteruitboer en ’n ál langer beseringslys.

Dít is waarmee John Mitchell, die Bulle se hoofafrigter, opgesaal is met die Superrugby-reeks wat nou vir die Junie-toetse opsyskuif.

RG Snyman is een van vyf Bulle wat tel onder die groot groep nuwelinge in die Bokgroep.Foto: Gallo Images

Mitchell het Saterdagaand, nadat die Brumbies die Bulle teen alle verwagting in met 38-28 op Loftus Versfeld geklop het, toegegee die blaaskans kon nie gou genoeg gekom het nie.

Afgesien van ’n teleurstellende vertoning het die losvoorspelers Marco van Staden (enkel) en Roelof Smit (knie) vermoedelik langtermynbeserings opgedoen.

Dit volg op die Springbokslot Lood de Jager en die stut Lizo Gqoboka se beserings.

“Dit sou ideaal gewees het om vandag te wen en die ruskans in ’n beter posisie (op die puntelys) af te sluit.

“Ons sal bestekopname doen, uitrus en op elke wedstryd fokus wanneer die kompetisie hervat.”

Mitchell sê daar was die laaste paar maande goeie vordering, maar ook “ontwikkelingskwessies” wat na vore gekom het.

“Daar is leemtes in sekere areas en ook posisies, maar ek sal wag tot ná die kompetisie om te kyk waar ons verstellings kan maak.

“Ons diepte in die voorry en onder die losvoorspelers is dun op die oomblik en ons is nou by ’n punt waar sekere spelers oorweeg moet word wat waarskynlik nog nie gereed is vir Superrugby nie.”

Dit is duidelik die Bulle het nie die agttal om ’n aanspraak in die reeks te maak nie.

RG Snyman en Jason Jenkins is welverdiend by die Springbokgroep ingesluit, maar die Bulle het De Jager se inklimspel en leiding gemis in die laaste twee wedstryde teen die Jaguares en die Brumbies.

Daar sal ook kommer oor die span se verdediging wees.

Die Bulle het die afgelope twee naweke 12 drieë deurgelaat.

Om alles te kroon, het die Brumbies se twee deurslaggewende drieë gekom met die besoekers wat net 14 spelers op die veld het.

Die troosprys is dat daar vyf Bulle – Snyman, Jenkins, Ivan van Zyl, Embrose Papier en Travis Ismaiel – onder die nuwelinge in die Springbokgroep is.

Meer oor:  Brumbies  |  Bulle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.