
Marco Jansen van Vuren sal weer Saterdag die Bulle se nr. 13-trui in Curriebeker-eindstryd teen die Haaie op Loftus Versfeld dra. Foto: Gallo Images
Die versoolde skrumskakel Marco Jansen van Vuren sal weer Saterdag die Bulle se buitesenter wees wanneer hulle die Haaie in die Curriebeker-eindstryd aandurf.
Stedman Gans het nie betyds van ’n dyspierbesering herstel nie, en in sy afwesigheid sal Jansen van Vuren die nr. 13-trui behou.
Met Johan Grobbelaar wat Schalk Erasmus se plek op haker inneem, is daar dus net een verandering aan die span wat verlede week teen die Leeus in die halfeindronde begin het.
Jake White, die Bulle-breier, sê Grobbelaar is ouer en meer ervare, wat in sy guns getel het.
• Bulle: David Kriel, Kurt-Lee Arendse, Marco Jansen van Vuren, Cornal Hendricks, Stravino Jacobs, Morné Steyn, Ivan van Zyl, Duane Vermeulen (k), Elrigh Louw, Marco van Staden, Ruan Nortjé, Sintu Manjezi, Trevor Nyakane, Johan Grobbelaar, Lizo Gqoboka. PLAASVERVANGERS: Schalk Erasmus, Jacques van Rooyen, Mornay Smith, Jan Uys, Arno Botha, Embrose Papier, Chris Smith, Marnus Potgieter.