Jake White het besluit om by die Bulle-beginspan vir Dinsdagaand se wegwedstryd teen die Pumas in die voorbereidingsreeks te hou.

Jake White, hoofafrigter van die Bulle. Foto: Gallo Images
Die Ligbloues het die Oostelike Provinsie verlede naweek met 87-10 getroef.
Onder die plaasvervangers kry Nolan Pienaar, Bernard van der Linde, Clinton Swart, Henco Beukes, Willie Potgieter en Richard Kriel, broer van David, ’n kans om White te beïndruk.
Die Bulle het ’n goeie loesing gekry toe hulle verlede seisoen in die Curriebeker-kompetisie ook met ’n jong span in die Laeveld aangekom het, en White sê hy sal wil kyk hoe sy span die druk dié keer hanteer.
Zak Burger, die skrumskakel-aanwins uit Kimberley, het nie die groep gehaal nie en die opwindende Van der Linde is die plaasvervanger-skrumskakel.
White sê Burger sal binnekort ’n kans kry om hom by die groep in te skakel.
Die Bulle se span is:
David Kriel, Madosh Tambwe, Marnus Potgieter, Marco Jansen van Vuren, Stravino Jacobs, Chris Smith, Embrose Papier, WJ Steenkamp, Tim Agaba, Nizaam Carr (k), Janko Swanepoel, Jan Uys, Mornay Smith, Joe van Zyl, Gerhard Steenekamp. PLAASVERVANGERS: Janco Uys, Jan-Hendrik Wessels, Nolan Pienaar, Reinhardt Ludwig, Werner Gouws, Bernard van der Linde, Clinton Swart, Richard Kriel, Henco Beukes, Willie Potgieter, Dawid Kellerman.