Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bulle kan nóg beter
Uit my pad. Die Bulle se senter Jesse Kriel (regs) probeer die Leeus-losskakel Elton afstamp met Courtnal Skosan byderhand om te help keer in Saterdag se Superrugby-oprwamwedstryd in Polokwane. Foto: Johan Rynners, Gallo Images

Jy kry niks vir ’n oorwinning in ’n losmaker nie, maar die selfvertroue-hupstoot wat die Bulle gekry het, is van groot waarde.

Nollis Marais, die Bulle se afrigter, het nadat sy span ’n verrassende sege van 28-24 in Polokwane oor die Leeus beklink het, gemengde gevoelens gehad.

“Ek is verheug dat die spelers enduit geveg het om die wedstryd te wen. Hulle het met groot vryheid gespeel en daar was goeie aanvallende spel.

“Baie min mense het gedink ons kan die Leeus klop en ek is bly vir die onthalwe van ondersteuners wat ons hier (in die Peter Mokaba-stadion) kom ondersteun het.

“Ons sal ’n hele paar leemtes moet vul. Ons vertoning in die vaste fasette bekommer my. Ons het in die eerste helfte twee drieë afgestaan as gevolg van ons gesukkel in die vaste fasette.”

Marais-hulle sal deeglik moet besin oor veral die Bulle se agterlyn.

Burger Odendaal, die Bulle se plaasvervanger-senter, was voortreflik toe hy in die tweede helfte opgestuur is.

Die Bulle se vleuels op die bank, Jamba Ulengo en Jade Stighling, was ewe indrukwekkend.

“Burger is ’n spesiale speler en hy gaan Jan (Serfontein) en Jesse (Kriel) druk vir ’n plek in die span. Dit is wat ek wil hê.

“Jade was een van die min spelers wat verlede naweek in Harare uitgeblink het teen die Cheetahs. Ek het hom daarvoor beloon om hom nog ’n kans te gee en hy het weer die meeste daarvan gemaak.

“Ek hou van ’n speler wat wys hy wil in die beginspan wees. Jamba het ook goed gedoen toe hy opgestuur is.”

Marais se rapport vir die losskakels, Francois Brummer en Tian Schoeman, was minder gunstig.

“Ons sal hard moet werk met hulle.

“Daar was ’n paar swak aangeë en hulle moet seker maak van die klein goedjies.

“Jy het goeie besit nodig om aanvallende rugby te speel.”

Marais sê die span is sowat 70% van waar hy moet wees met die oog op die Superrugby-reeks.

“Die skrums en in ’n mindere mate die lynstane is die grootse haakplekke.

“Ons het ’n gevaarlike agterlyn, maar ons moet groter akkuraatheid in die agttal kry. Ek is ook onrustig oor ons diepte.

“As iemand soos Trevor (Nyakane) ’n besering moet opdoen, sal dit ’n groot slag wees.”

Nyakane het juis in die tweede helfte met ’n seer enkel van die veld gestap, maar Marais sê hy is as ’n voorsorgmaatreël vervang.

Adriaan Strauss het ’n sny aan sy oogbank opgedoen, maar hy en Nyakane sal vandag saamoefen op Loftus se B-veld.

Meer oor:  Nollis Marais  |  Leeus  |  Bulle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.