Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bulle kap terug: ‘Ons koop g’n sukses!’
Jake White, Edgar Rathbone en Willem Strauss. Foto: Gallo Images

Die Bulle ontken dat hulle met die kontraktering van groot kanonne soos Johan Goosen, Marcell Coetzee en Jacques du Plessis meer bestee aan ’n groep van senior gekontrakteerde spelers as die salarisperk van R60 miljoen per jaar wat deur SA Rugby bepaal is.

“Inteendeel, ons bestee vanjaar minder aan ons groep as verlede jaar,” sê Edgar Rathbone, uitvoerende hoof van die Bulle.

“Ons het verlede jaar al reeds minder as die salarisperk bestee. Al mag jy die deel wat oorbly oordra na die volgende jaar, het ons vanjaar steeds binne die salarisperk gebly.

“Uiteraard bly ons streng binne die salarisperk. Dit (salarisperk) word streng gemonitor, so daar is nie wegkruipplek nie, ”sê Rathbone.

Die Bulle se bevestiging Vrydag dat Goosen van 1 Julie af in Pretoria sal sweet, het wye reaksie op sosiale media ontlok.

Ondersteuners van ander franchises beweer dat die Bulle ’n oop tjekboek het aangesien spelers soos Gio Aplon, Arno Botha, Nizaam Carr, Clinton Swart, Walt Steenkamp, Jan Uys, Sintu Manjezi, Elrigh Louw, Jan-Hendrik Wessels, David Kriel, Schalk Erasmus, Mhleli Dlamini, Madosh Tambwe, Zak Burger en James Verity-Amm hulle daar aangesluit het sedert Jake White as die direkteur van rugby aangestel is.

Skerp kontraktering deur White is egter ’n vername rede vir hul vermoë om so ’n indrukwekkende lys van spelers te kon werf.

“Ons het nou in April 40 se­nior gekontrakteerdes teenoor die 44 in April verlede jaar,” sê Rathbone.

White het sedert hy by Loftus Versfeld ingestap het al behoorlik huis skoongemaak.

Nagenoeg 28 spelers is al weg.

Dit sluit nie die vaskop Marcel van der Merwe in nie, wat die week as ’n medical joker ’n korttermynkontrak met die Franse klubspan La Rochelle losgeslaan het. Tyd sal leer of Van der Merwe later na Loftus terugkeer.

Twee Bokke wat op 1 Julie op pad oorsee is – Ivan van Zyl en Marco van Staden – tel ook nie onder die 28 name nie. Van Zyl gaan na die Engelse klub Saracens en Van Staden gaan een van Leicester Tigers se spelerkorps word.

Dié 28 is weg by Bulle
VOORSPELERS (16): Corniel Els (Benetton), Louis van der Westhuizen (Cheetahs), Jaco Visagie (Leeus), Wiehahn Herbst (Leeus), Beertjie van Vuuren (Cheetahs), Dayan van der Westhuizen (Hino Red Dolphins), Andries Ferreira (Edinburgh), Ian Groenewald (Cheetahs), Juandré Kruger (vrygestel), Nic de Jager (kontrak het uitgeloop), Ryno Pieterse (Castres), Adré Smith (Griekwas), Abongile Nonkontwana (Ealing Trailfinders), Ruan Steenkamp (Griekwas), Josh Strauss (Oyonnax) en Wian Vosloo (vrygestel).
AGTERSPELERS (12): Manie Libbok (Haaie), Marnitz Boshoff (kontrak het klaargemaak), Burger Odendaal (Leeus), Franco Naudé (kontrak het uitgeloop), Dylan  Sage (Montauban), Nafi Tuitavake (vrygestel), Johnny Kotze (Shimizu Blue Sharks), Rosko Specman (Cheetahs), Jade Stighling (sewes-proeftydperk), JC Pretorius (sewes), Warrick Gelant (Stormers) en Divan Rossouw (Leeus).

Die uittog eindig nie daar nie.

Die veelsydige agterspeler Swart het onlangs ’n kontrak met die Japanse klubspan Yamaha gesluit.

Nog ’n senter, Dawid Kellerman, is deur die Japanse klubspan Honda Heat gekontrakteer.

Swart en Kellerman is eers later vanjaar op pad oorsee.

Selfs Uys gaan hom glo later by die Franse klubspan Grenoble aansluit.

Dit is dus duidelik dat Rath­bone, White en hul president, Willem Strauss, ’n resep volg dat hulle eers aflaai voordat hul kan oplaai om onder meer binne die salarisperk te bly. Die lys van spelers wat weg is, is ’n getuigskrif daarvan.

Meer oor:  Jake White  |  Johan Goosen  |  Bulle  |  Kontrakte  |  Uittog  |  Salarisperk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.