Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bulle kies 4 Bokke vir stryd teen WP
|Marco van Staden op een van sy kernmerkende stormlopies .

Die Blou Bulle het vier Springbokke terug in die span vir Saterdag se Curriebeker-stryd op Loftus Versfeld teen die Westelike Provinsie.

Die stut Trevor Nyakane, die flank Marco van Staden, en die skrumskakels Ivan van Zyl en Embrose Papier, wat almal lede was van die Bokke se Rugbykampioenskap-groep, is in die Bulle se 22-tal gekies.

Van Zyl begin op skrumskakel met Papier wat as ’n impakspeler opgestuur sal word.

Nog ’n Bok, die vleuel Jamba Ulengo, het van sy kniebesering herstel en is op regtervleuel gekies in Duncan Matthews se plek.

Matthews sou in die span gewees het, maar het hom weens ’n dyspierbesering aan die span onttrek.

Die Blou Bulle-span is:
Divan Rossouw, Jamba Ulengo, Johnny Kotze, Franco Naudé, Jade Stighling, Manie Libbok, Ivan van Zyl, Hanro Liebenberg (k), Marco van Staden, Ruan Steenkamp, Eli Snyman, Hendré Stassen, Trevor Nyakane, Jaco Visagie, Matthys Basson. PLAASVERVANGERS: Edgar Marutlulle, Dayan van der Westhuizen, Ruan Nortjé, Nic de Jager, Embrose Papier, Tinus de Beer, Dylan Sage.

Meer oor:  Embrose Papier  |  Marco Van Staden  |  Pretoria  |  Loftus  |  Rugby  |  Blou Bulle  |  Curribeker  |  Springbokke  |  Wp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.