Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bulle leen Arendse by Blitsbokke

Die Bulle kan ’n goeie skoot sewesflair in die Curriebeker-reeks hê met die Blitsbok Kurt-Lee Arendse wat Maandag by Loftus Versfeld aangemeld het.

Kurt-Lee Arendse op die aanval vir die Blitsbokke. Hy sal in die Curriebeker-reeks vir die Blou Bulle beskikbaar wees. Foto: Gallo Images

Hoewel Arendse steeds by die nasionale sewesspan gekontrakteer is, sal die Ligbloues hom in dié reeks kan kies.

Die Bulle-senter Stedman Gans is ’n ander Blitsbok wat hoop om sy stempel in die vyftienman-formaat af te druk.

Edgar Rathbone, die Blou Bulle Maatskappy se uitvoerende hoof, sê hulle is sover baie beïndruk met Arendse, wat die Westelike Provinsie voorheen op o.21-vlak verteenwoordig het.

“Hy het lekker X-faktor en ons sal hom op heelagter of vleuel kan kies. Hy is ’n soortgelyke speler as wat Gio (Aplon) is.

“Hy is honger en baie talentvol. Ons is opgewonde oor wat hy kan bied.”

Die Bulle het juis ’n paar aanvallende spelers soos Warrick Gelant (Stormers), Rosko Specman (Cheetahs) en Manie Libbok (Haaie) verloor.

Dit sal interessant wees om te sien of Jake White, die Bulle se direkteur van rugby, steeds groter spelers verkies.

Arendse en Aplon weeg nie een veel meer as 80 kg nie, terwyl die vleuels Cornal Hendricks en Travis Ismaiel aansienlik groter is.

Ook Gans het minder om die lyf as wat ander senters soos Marnus Potgieter, Jay-Cee Nel en Clinton Swart het.

Edgar Rathbone, uitvoerende hoof van die Blou Bulle Maatskappy.

White moet besluit wie van die Springbokke Ivan van Zyl en Embrose Papier sy voorkeur-skrumskakel is.

Pote Human, die Bulle se vorige hoofafrigter, het Van Zyl en Papier verlede seisoen om die beurt ingespan en dit was uiteindelik tot albei spelers se nadeel.

Rathbone sê daar is in die stadium sowat 36 spelers in die franchise se senior groep.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) plaas ’n perk van 45 spelers in ’n (senior) groep.

“Ons sal later vanjaar ’n paar van die juniors in die senior groep insluit en dit gee ons ’n bietjie ruimte deur nie nou 45 spelers te hê nie.”

Meer oor:  Edgar Rathbone  |  Kurt-Lee Arendse  |  Pretoria  |  Afrigter  |  Blitsbok  |  Bulle  |  Bbm  |  Loftus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.