Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bulle looi Cheetahs op Loftus

Die Cheetahs het vol planne en geesdrif in Pretoria aangekom en hier voor rustyd het dit vir ’n ruk gelyk of ’n onwaarskynlike opskudding op Loftus Versfeld die Bulle se voorland is.

Toe die eindfluitjie blaas – ná 27 onbeantwoorde punte deur die tuisspan in die tweede helfte – het die Bulle maklik met 40-13 geseëvier in die Curriebeker-ontmoeting.

Die verskil uiteindelik tussen die spanne?

Die Bulle-skrumskakel, Embrose Papier, hardloop Saterdag oor die doellyn om sy drie teen die Vrystaat-Cheetahs te druk in ’n Curriebeker-wedstryd op Loftus Versfeld. Foto: Gallo Images

Jake White kon impakspelers soos die Springbokke Trevor Nyakane en Nizaam Carr en ’n toekomstige Bok in Ruan Nortjé opstuur om die slag te lewer.

Die tuisspan was vroeg met 10-0 voor nadat die Bulle-skrumskakel, Embrose Papier, reeds in die sesde minuut pale toe is ná ’n Cheetah-blaps toe hulle moes walgooi.

Waar die Bulle aan die begin met die grootste onderneming gespeel het, het die Cheetahs stadigaan in die skrums momentum gekry.

Daar sal nou vrae wees oor die vaskopstut Marcel van der Merwe se skrumwerk. Die onbesonge Boan Venter het hom verfomfaai en die Bulle is meer as een keer in dié afdeling gestraf.

Die Bulle was duidelik kwesbaar in die skrums toe Van der Merwe op die veld was en dit het meegebring dat Nyakane reeds voor rustyd opgestuur is om die skade te beperk.

En dit was terselfdertyd die einde van die Vrystaters se aanslag.

Met die Bulle wat in die enjinkamer ná rustyd weer die oorhand gekry het, was daar nooit twyfel oor die uitslag nie.

Marco van Staden se rolmaaldrie van ’n lynstaan het die Bulle weer laat voorloop (die telling was 13-13 teen rustyd).

Van Staden het nogmaals gewys hy is verreweg die voorste nr. 6-flank in Suid-Afrikaanse rugby en hy is aan die einde met ’n tweede drie beloon.

Daar is op die keper beskou nie veel fout te vind met die Bulle se vertoning nie.

Toegegee, daar was ’n paar onoortuigende oomblikke voor rustyd.

’n Bonuspuntsege gaan egter nooit te versmaai wees nie. Veral nie as dit jou ’n aansienlike buffer op die Curriebeker-puntelys gee nie.

Daar was, buiten Van Staden se kragvertoning, ’n hele paar ander Bulle wat indruk gemaak het.

Nortjé se werkverrigting is iets ysliks en die haker Johan Grobbelaar is ewe bedrywig nadat hy vroeër met ’n paar skete gesukkel het.

En dit is ná dese duidelik: Die span wat vanjaar die Curriebeker wil wen, sal Bul se kind op Loftus moet kom looi.

• Puntemakers: Bulle 40 (13): Drieë: Embrose Papier, Marco van Staden (2), Chris Smith. Strafdoele: Morné Steyn (4). Doelskoppe: Steyn (2), Smith (2). Cheetahs 13 (13) Drie: Reinhardt Fortuin. Strafdoele: Frans Steyn (2). Doelskop: Steyn.

Meer oor:  Curriebeker  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.