Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bulle wil C-19 met ‘klubrugby’ systap
Jake White, afrigter van die Bulle.

Die Covid-19-pandemie kan een van die gedugste “teenstanders” in die Curriebeker-kompetisie wees en spanne sal slim moet werk, waarsku Jake White, afrigter van die Bulle.

Die verreikende invloed wat dié virus op die Unlocked-reeks gehad het, was die laaste tyd duidelik te sien.

In talle opsigte is die wedstryde wat noodgedwonge gekanselleer moes word, ’n kommerwekkende voorbode.

Veral gegewe die puntestand wat ná die naweek se laaste wedstryde na die Curriebeker-reeks oorgedra word.

“Jy vra deurgaans vir die spelers om aanpasbaar en verantwoordelik te wees.

“Dit is buite jou beheer, maar jy kan wel die risiko beperk deur streng by die protokol te hou.

Jy vra deurgaans vir die spelers om aanpasbaar en verantwoordelik te wees. Dit is buite jou beheer, maar jy kan wel die risiko beperk deur streng by die protokol te hou.
Jake White

“Maandag en Dinsdag moet jy niks doen nie en klein groepe en kontaksessies, soos skrums en losgemale vermy,” sê White.

Al sewe spanne wat aan die kompetisies deelneem word elke Dinsdag getoets.

Die uitslae is dan laataand of vroeg Woensdagoggend beskikbaar.

“Ons (die Bulle) het terugbeweeg na klubrugby soos in die oue dae waar daar net twee keer ’n week geoefen word.

“As ons bevestiging kry dat almal in die groep negatief getoets het, oefen ons die Woensdag en Donderdag en hou dan Vrydag ’n kapteinsoefening.

“Dit raak al hoe meer duidelik dat jy slim moet werk, al voel jy die span se voorbereiding is nie so goed soos wat jy wou hê nie.

Die losskakel Morné Steyn is weens Covid-19-protokol nie Saterdag vir die Bulle beskikbaar nie. Foto: Gallo Images

“As jy die kans waag om oefeninge vroeg in die week te hou en daar is Woensdag positiewe gevalle in die groep, het jy probleme.

“Die boodskap (van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie) is duidelik – daar is nie weke om in te haal nie en spanne gaan nie ná ’n groot wedstryd op ’n Saterdag bereid wees om weer die Dinsdag te speel nie.”

Dit is net die Bulle en Griekwas wat nie gekanselleerde wedstryde in die Superreeks gehad het nie.

Die Bulle-losskakel Morné Steyn is nie oorweeg vir Saterdagmiddag se wedstryd teen die Pumas in Pretoria nie, nadat hy verlede Sondag by ’n doopdiens in kontak was met iemand wat die virus opgedoen het.

White sê dit is uiters belangrik om almal in die groep Covid-vry te hou.

“Ons het nou gesien dit kan ’n span duur te staan kom as dit nie gebeur nie. Dit kan jou selfs van ’n uitspeelkans ontneem.”

Die Bulle gaan met ’n goeie oes ligapunte in die Curriebeker-reeks wegspring, maar het volgende Saterdag ’n moeilike afspraak met die Westelike Provinsie op Nuweland.

“Dit is ’n laaste keer wat die Bulle op Nuweland sal speel en dit sal ons bykomende motivering gee,” sê White.

Meer oor:  Morne Steyn  |  Jake White  |  Pretoria  |  Covid-19  |  Losskakel  |  Curriebeker  |  Rugby  |  Bulle  |  Unlocked-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.