Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bulle raap suide se skole-brekers op

Die Bulle het Neil le Roux en Compion von Ludwig, twee van die warmste skolespelers in die land, gekontrakteer.

Onthou veral maar die naam van Le Roux, wat een van die opwindendste spelers in die afgelope week se Noord-Suid-skoletoernooi by Affies was.

Neil le Roux ’n paar jaar gelede in aksie vir SWD. Sy kop staan nou Bulle toe. Foto: Gallo Images

Dié skrumskakel van Oakdale se visie en goeie aangeewerk het hom gesog gemaak onder die talentwerwers. Gemeet aan die wedstryde wat sover vanjaar uitgesaai is, is hy die voorste skrumskakel in skolerugby wat taktiese en stelskopwerk betref.

Dis juis sy identifisering van ruimte en goeie uitvoering van skoppe wat Oakdale op die voorvoet hou, wat die tonge die afgelope week onder ondersteuners laat klap het.

Ná sy spel in Vrydag se kragmeting met Garsfontein, waarin Oakdale met 41-12 baas was, het die rugbywebtuiste schoolrugby.co.za sy speelstyl met die voormalige Springbok-skrumskakel Fourie du Preez s’n vergelyk.

Le Roux en drie van sy Oakdale-spanmaats, Phillip Kleynhans, Paul de Villiers en Dian Heunis, is vroeër vanjaar uitgenooi na ’n virtuele oefenkamp as deel van die SA Rugby EPD o.18-oefengroep.

Daar is tydens dié virtuele kamp veral klem gelê op spelers se posisionele vaardighede, kondisionering en rehabilitasie-tegnieke.

Von Ludwig, losskakel van Boishaai, word ook hoog aangeslaan deur verskeie kenners. Hy is nie bang om die bal op te vat nie, verdedig dodelik, het goeie visie, veilige hande en skop takties goed.

Hy is ’n voormalige WP-stoeier – iets wat beslis ’n invloed op sy kontakvaardighede het.

Von Ludwig se verwagte tweestryd met Jean Smith, seun van Franco Smith, kan ’n hoogtepunt wees wanneer Boishaai en Grey Saterdag om 14:00 in die Paarl armdruk.

Meer oor:  Skolerugby  |  Bulle  |  Kontrakte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.