Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Roelof kry kans om plek vas te messel

Roelof Smit sal Vrydagaand vir die Blou Bulle op flank begin wanneer hulle teen die Vrystaat-Cheetahs op Loftus Versfeld te staan kom.

Roelof Smit verlede week vir die Bulle as plaasvervanger teen die Westelike Provinsie in aksie, waar hy vergeefs probeer om Juarno Augustus van die doellyn weg te hou. Foto: Gallo Images

Smit, wat verlede week onder die plaasvervangers getel het, sal nou sy kans kry om aan die span se breier, Pote Human, te wys waarom hy ’n gereelde keuse in die beginspan behoort te wees.

Dít volg nadat Wian Vosloo, wat teen die Westelike Provinsie begin het, beseer is en die wedstryd sal misloop.

Een van die Bulle se nuwe aanwinste, die slot Andries Ferreira, wat van die Goue Leeus af by Loftus aangesluit het, sal ook sy eerste wedstryd vir die Ligbloues in dié reeks speel. Hy sal die nommervyf-trui oor sy kop trek in die plek van Lood de Jager, wat hom weer by die Springbokke aangesluit het.

Die Ligbloues het die reeks verlede week op ’n slegte noot afgeskop toe die Westelike Provinsie hulle met 20-5 verslaan het.

Andries Ferreira, gewese slot van die Leeus, is Vrydag in die Blou Bulle se opdrafspan. Foto: Gallo Images

Die span het toe veral in die skrums swaar geleef en sal hoop dat De Jager se afwesigheid nie ’n groter leemte in daardie afdeling laat nie.

Marco van Staden, wat die laaste paar weke saam met die Springbokke geoefen het, sal een van die Bulle se plaasvervangers wees.

Human sê sy span moet dié naweek se wedstryd gebruik om aansien te herwin en sy aanslag in die reeks weer op koers te kry.

“Die Cheetahs (wat verlede week ’n loslootjie gehad het) sal goed uitgerus wees en het ’n paar baie goeie spelers tot hul beskikking.”

Oor Ferreira se insluiting in die beginspan sê Human hy wil sien hoe lank hy kan byhou met die tempo van die wedstryd.

Bulle:
Divan Rossouw, Cornal Hendricks, Johnny Kotze, Burger Odendaal (k), Rosko Specman, Manie Libbok, Embrose Papier, Tim Agaba, Roelof Smit, Ruan Steenkamp, Andries Fereirra, Ruan Nortjé, Wiehann Herbst, Jaco Visagie, Simphiwe Matanzima. PLAASVERVANGERS: Johan Grobbelaar, Dayan van der Westhuizen, Conraad van Vuuren, Jean Droste, Marco van Satden, Ivan van Zyl, Marnitz Boshoff, Dylan Sage.

Curriebeker-bepalings

Curriebeker-puntelys

Curriebeker-uitslae

Meer oor:  Vrystaat  |  Bulle  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.