Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bulle se Blou Maandag op Loftus

Ja, daar was ’n hele paar harde woorde. En hulle verdien dit, gee Johan Grobbelaar, haker van die Blou Bulle, te kenne.

Die Bulle-kaptein, Ruan Steenkamp, het harsingskudding teen Griekwas opgedoen en die kans is skraal dat hy Saterdag die Ligbloues teen die Goue Leeus sal kan lei. Foto: Gallo Images

Dit is geen geheim nie, dit was nie aangename kykgenot toe die Bulle Maandag hul nederlaag van 15-37 teen Griekwas in die Curriebeker-reeks op Loftus Versfeld in heroënskou geneem het nie.

“Ons het weer na die wedstryd gekyk en het gesien dat daar sowat sewe drieë verlore gegaan het. Ons het oorgenoeg kanse gehad en moes baie meer daarvan gemaak het.

“Dit is nie goed genoeg nie en dit is nie ’n lekker gevoel nie,” sê Grobbelaar.

Die Bulle kon ondanks meer ervaring, tuisveldvoordeel, gebiedsvoordeel en goeie besit, nie hond haaraf maak nie.

“Griekwas se samespel was eenvoudig beter. Nie dat dit ’n verskoning is nie, maar hulle het baie goed saam gespeel.”

Grobbelaar sê hoewel hulle nie meer ’n kans het om later vandeesmaand in die halfeindronde te speel nie, wil hul die reeks met twee sterk vertonings afsluit.

Met die Bulle wat ná Saterdag se fiasko onderaan die puntelys is, begin die promosie/relegasie-spook by Loftus loop.

Die Bulle speel Saterdag op Ellispark teen die Goue Leeus, die enigste onoorwonne span in die reeks.

“Dit is jammer dat ons dinge vir onsself so moeilik gemaak het. Ons het dit natuurlik nie beplan om so uit te val nie en ons moet nou ons koppe optel en die beste maak van die laaste twee wedstryde.

“Dit is sleg, maar ons moet aanbeweeg.”

Met die Bulle wat ná Saterdag se fiasko onderaan die puntelys is, begin die promosie/relegasie-spook by Loftus loop.

“Nee, ons het nog glad nie daaroor gesels nie. Ek dink nie ’n ou moet speel met dit in die agterkop nie,” meen Grobbelaar.

Saterdag se nederlaag het boonop teen ’n duur prys gekom, het dr. Herman Rossouw, die Bulle se spandokter, Maandag gesê.

Pote Human, die hoofafrigter, sal in alle waarskynlikheid ’n nuwe loskopstut en flankpaar moet kies.

Die stut Simphiwe Matanzima het sy knie beseer en hoewel dit nog nie presies seker is hoe sy prognose daar uitsien nie, sal hy minstens vier weke uit aksie wees.

Die kaptein, Ruan Steenkamp, en sy flankmaat, Marco van Staden, het albei harsingskudding opgedoen en die kans is skraal dat hulle Saterdag saam met die span die hoofweg sal aanpak Ellispark toe.

Daar nóg slegte nuus. Die vleuel Rosko Specman sukkel met ’n stywe lies en het nie Maandag saam met die span geoefen nie.

Die slot Andries Ferreira het wel van sy dyspierbesering herstel en sal teen sy voormalige span kan speel.

Meer oor:  Pote Human  |  Curriebekerreeks  |  Bulle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.