Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bulle se jonges klop WP in o.19-eindstryd

Die Blou Bulle is as die konings van die Suid-Afrikaanse o.19 Kampioenskap gekroon nadat hulle die Westelike Provinsie in die eindstryd verslaan het.

Die Bulle het die Streeptruie by die City Park-stadion in Kaapstad met 32-24 ore aangesit danksy in ’n vertoning waar die Pretorianers se taktiese spel veel beter as dié van die Kapenaars was.

Die Blou Bulle se seëvierende o.19-span ná hul sege oor die Westelike Provinsie. Foto: Gallo Images

Die Bulle was haastig uit die blokke en het vroeg ’n voorsprong met 14-0 opgejaag.

Dit het gekom nadat die flank Hendrik Beukes eerste bloed geruik het toe hy in die sesde minuut langs die kantlyn af genael het om die eerste punte van die wedstryd aan te teken. Die losskakel, Lionel April, se doelskop was in die kol.

Kort daarna het die stut Ethan Burger sy naam ook onder die puntemakers gekry toe hy gedruk het met April was weer verdoel het.

Die WP se jonges het egter die gety geswaai en drie keer agter die doellyn gaan draai het om rustyd met 17-14 voor te loop.

Die voorryman Duan Bredenkamp het ’n goeie stukkie spel deur die WP se voorspelers laat tel toe hy oorgebars het, met die vleuel Juanré de Klerk en Matt Cordy wat ook agter die doellyn gedraai het om hul span teen lemoentyd in die saal te sit.

Ná die omdraaislag het die besoekers egter te veel skietgoed gehad en die doellyn twee keer oorgesteek asook twee deurslaggewende strafskoppe deur die pale gejaag.

Die tuisspan kon in die tweede helfte net een verdoelde drie by hul telling voeg.

Die spanne was skaars terug op die veld voordat die slot Werner Gouws die voorsprong weer in die Bulle se guns gekry het.

April se skopskoen het die Ligbloues met 22-17 laat voorloop, maar Christie Grobbelaar het die tuisspan se agterstand uitgewis met ’n drie.

Die Bulle se spoedvraat Kabelo Mokoena het toe die wind uit die Streeptruie se seile geneem toe hy gaan druk het, met Steyn van der Spuy wat nog ’n strafdoel bygevoeg het om die wedstryd buite bereik te plaas.

Puntemakers:

Blou Bulle 32 (14): Drieë: Ethan Burger, Hendrik Beukes, Werner Gouws, Kabelo Mokoena. Doelskoppe: Lionel April (3). Strafdoele: April, Steyn van der Spuy.

Westelike Provinsie 24 (17): Drieë: Duan Bredenkamp, Juanre de Klerk, Matt Cordy, Christie Grobbelaar. Doelskoppe: Juan Mostert (2).

Meer oor:  Kaapstad  |  Westelike Provinsie  |  Blou Bulle  |  Wp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.