Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bulle sê ‘nee’ ná Xander met BBM wil skik

Die Blou Bulle Maatskappy (BBM) het ’n skikkingaanbod van sy voormalige hoëprestasie-bestuurder, Xander Janse van Rensburg, van die hand gewys en wag vir die Valke om hul ondersoek van beweerde bedrog af te handel.

Xander Janse van Rensburg

Rapport het verneem dat Janse van Rensburg se prokureurs die BBM genader het in ’n poging om die saak teen hom vir sowat R460 000 te skik. Janse van Rensburg het in Februarie om “gesondheidsredes” bedank, maar die BBM het sedertdien ’n forensiese ondersoek ingestel nadat sowat R300 000 kontant in sy kantoor gevind is.

Die ondersoek het beweerde bedrog, finansiële ongerymdhede en betalings vir aanstellings aan die lig gebring. Die aanbod om te skik is volgens ingeligtes ver onder die bedrag wat in die ondersoek ter sprake gekom het.

Rapport verneem die Valke het die afgelope twee weke beëdigde verklarings van verskeie afrigters by die BBM geneem.

Rapport se inligting is dat die Valke al ’n hofbevel gekry het vir die bankstate van al 11 van Janse van Rensburg se bankrekeninge en tans noukeurig deur hulle werk.

Die BBM het bevestig dat daar ook ’n siviele eis teen Janse van Rensburg ingestel gaan word. ’n Versekeringseis is ook ingestel teen die verlies weens die beweerde bedrog.

Janse van Rensburg het twee prokureurs aangestel. Riaan Bosch verteenwoordig hom in die siviele saak, terwyl Olaf de Meyer aangestel is om hom in die strafregtelike saak te verteenwoordig. ’n Besluit oor die strafregtelike klag sal geneem word nadat die Valke hul ondersoek afgehandel het.

Janse van Rensburg het deur Bosch laat weet hy wil nie kommentaar lewer nie.

Meer oor:  Valke  |  Xander Janse Van Rensburg  |  Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.