Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bulle sonder Duane teen Griekwas
Die Bulle is Saterdag sonder Duane Vermeulen. Foto: Gallo Images

Die Springbok-yster Duane Vermeulen is beseer en Arno Botha sal dus die Bulle Saterdagaand op Loftus Versfeld in die Unlocked-Superreeks in sy afwesigheid teen die Griekwas aanvoer.

Jake White, die Bulle-breier, sê Vermeulen het Saterdag op Nuweland in die wedstryd tussen Groen en Goud op Nuweland ’n hou teen die been gekry.

“Hy kon gespeel het, maar ons het vyf naweke se rugby voor ons en dit is onnodig om met hom te waag.

“Dit is op ’n manier ’n bedekte seën, want dit gee ander spelers ’n kans,” sê White.

Die beweeglike Tim Agaba sal nou die nr. 8-trui dra, terwyl die belowende Elrigh Louw op die bank gekies is.

Die vleuel Kurt-Lee Arendse het las van ’n seer bobeen en sal – soos Vermeulen – volgende week beskikbaar wees.

David Kriel neem sy plek in die span.

Die Bulle is:
Gio Aplon, Travis Ismaiel, Stedman Gans, Cornal Hendricks, David Kriel, Morné Steyn, Ivan van Zyl, Tim Agaba, Arno Botha (k), Marco van Staden, Ruan Nortjé, Jason Jenkins, Trevor Nyakane, Corniel Els, Jacques van Rooyen. PLAASVERVANGERS: Johan Grobbelaar, Lizo Gqoboka, Mornay Smith, Sintu Manjezi, Elrigh Louw, Embrose Papier, Chris Smith, Marco Jansen van Vuren.


Meer oor:  Duane Vermeulen  |  Pretoria  |  Kaptein  |  Griekwas  |  Loftus  |  Rugby  |  Springbok  |  Beseer  |  Unlocked-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.