Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bulle sonder Duane, Trevor teen Leeus

Die Bulle sal Saterdag op Loftus Versfeld sonder die Springbokke Duane Vermeulen en Trevor Nyakane in die agttal wees wanneer hulle teen die Leeus in die Reënboogbeker-kompetisie te staan kom.

Vermeulen het nog nie volkome herstel van die knieoperasie wat hy ná die Curriebeker-eindstryd gehad het nie.

Die Bulle moet Saterdag sonder Duane Vermeulen teen die Leeus in die Reënboogbeker-kompetisie oor die weg kom. Foto: Gallo Images

Hoewel hy die week saam met Gio Aplon (knie) en Travis Ismaiel (skouer) begin oefen het, behoort die ervare agtsteman die eerste twee wedstryde – teen die Leeus en die Stormers op 8 Mei – mis te loop.

Nyakane het ’n rib beseer, maar die spandokter, Herman Rossouw, sê hy sal na verwagting gou weer sy plek in die voorry kan inneem.

Die span se beseringsverslag het darem goeie nuus ook vir die afrigter, Jake White, ingehou.

Die belowende vleuel Stravino Jacobs is weer beskikbaar nadat hy sy vinger gebreek het.

White sal veral in sy noppies wees met die nuus dat die slot Walt Steenkamp sy loopbaan kan hervat nadat ’n hartkwaal aan die begin van die jaar by hom gediagnoseer is.

Hoewel Steenkamp saam met die span begin oefen het, is hy nog nie beskikbaar nie.

Die stut Simphiwe Matanzima, wat sy linkerhaksening geskeur het kort nadat die Bulle verlede seisoen ná die Covid-19-onderbreking na die oefenveld teruggekeer het, is ook terug.

Met Vermeulen nog op die herstelpad, behoort Nizaam Carr, die Ligbloues se kaptein in die voorbereidingsreeks, of Arno Botha die span teen die Leeus te lei.

Gegewe die onsekerheid oor die Suid-Afrikaanse franchises se beplande deelname in Europa in die Reënboogbeker-kompetisie, is dit uit ’n nasionale oogpunt allesbehalwe goeie nuus dat Vermeulen nog nie fiks en skerp is nie.

Sou die Bulle, Leeus, Haaie en die Stormers nie na Europa kan reis nie, sal dit beteken dat Vermeulen dalk net een wedstryd het voor die toer van die Britse en Ierse Leeus.

Dit sal interessant wees om te sien wat White se benadering op skrumskakel gaan wees.

Ivan van Zyl is nie meer baie lank vir die span beskikbaar voordat hy hom in Engeland by Saracens aansluit nie en dit kan met die oog op die toekoms wys wees om met Embrose Papier of Zak Burger te begin.

Die Bulle is met Steenkamp, wat nog nie beskikbaar is nie, en Sintu Manjezi op die langtermyn-beseringslys, steeds dun op slot.

White sal ’n slotpaar uit Ruan Nortjé, Jan Uys en Janko Swanepoel moet kies.

Op heelagter moet daar besluit word tussen die Kriel-broers, David en Richard.

David het verlede seisoen beïndruk met sy kalmte in die laaste vesting, maar Richard was ewe knap teen die Haaie in die voorbereidingsreeks.

Meer oor:  Beserings  |  Duane Vermeulen  |  Leeus  |  Bulle  |  Trevor Nyakane  |  Reënboogbeker  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.