Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bulle sweet vir sege oor Waratahs

Dit was ’n wedstryd waarin die Bulle se bedrewenheid vroeg getaan het en die sege van 28-21 oor die Waratahs op Loftus Versfeld rugbyliefhebbers in dié geweste koud sal laat.

Die Bulle se Duane Vermeulen duik oor vir sy drie teen die Waratahs. Foto: Gallo Images

Met die sege is die Bulle opnuut die voorlopers in Superrugby se Suid-Afrikaanse konferensie, maar waar is die bonuspunt?

Maak geen fout nie, die Bulle kon en moes verder gewen het teen ’n span wat al hier in die eerste helfte half vodde gelyk het ná die lang tog uit Sydney.

Dit was helaas ’n drie deur die belowende plaasvervanger-stut Simphiwe Matanzima wat die besoekers se moed gebreek het ná ’n tydperk wat hulle ’n agterstand van 7-21 ingehaal het.

Teen rustyd - met die tuisspan stewig in beheer - was dit eintlik ’n kwessie van hoe vinnig in die tweede helfte die bonuspunt sou kom.

Die besoekers se longe het gebrand en het gelyk na ’n span wat nie genoeg in die tenk sal hê nie.

Ongelukkig is die Bulle ’n span wat al te dikwels ’n insinking kry en dié broodnodige bykomende punt het nooit gekom nie.

Dit het meegebring dat die Waratahs diep in die tweede helfte sake kortstondig gelyk getrek het (21-21).

Pote Human het die week sy agttal gevra om in ’n omgekrapte bui by Loftus op te daag en dit was in die skrums waar die Bulle se oorheersing gestalte gekry het.

Die ‘Tahs is voos geskrum en het onafwendbaar swaar deurgeloop onder Jaco Peyper se fluitjie.

Op die keper beskou was dit al om oor opgewonde te raak. Die afronding is swak en die Bulle was te voorspelbaar op die aanval.

Die Waratahs daarenteen het daarin geslaag om gevaarmanne soos Kurtley Beale en Curtis Rona ruimte te gee. Dit het ook nie gehelp dat die Bulle se keerwerk met tye twyfelagtig was nie.

Dit klink dalk na kla met die witbrood onder die arm, maar die Bulle gaan met vertonings soos dié nie die uitspeelronde haal nie.

Daar was voorlangs weer manne wat dreig om hulle in die Springbokspan in te speel. RG Snyman was puik en die loskopstut Lizo Gqoboka immer-knap.

Daar sal na dese ook vrae wees oor Duane Vermeulen se peil. Dié kryger se ervaring is waardevol en die drie wat hy ná ’n indrukwekkende solo-lopie gedruk het, was ’n juweel.

Hy is egter duidelik nie so invloedryk soos vroeër die seisoen nie en Dan du Preez van die Haaie moet sekerlik in die stadium die voorste agtsteman in die land wees.

Vrydagaand kom draai die Crusaders op Loftus en ’n louwarm-poging soos dié gaan nie die ding doen nie.

Puntemakers

Bulle 28 (18) Drieë: Warrick Gelant, Duane Vermeulen, Simphiwe Matanzima. Strafdoele: Handré Pollard (3). Doelskoppe: Pollard (2).

Waratahs 21 (7). Drieë: Nick Phipps, Kurtley Beale, Curtis Rona. Doelskoppe: Bernard Foley (3).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.