Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bulle verander 3 vir eindstryd in Treviso

Drie veranderings is gemaak aan die Bulle se beginspan vir Saterdag se Reënboogbeker-eindstryd teen Benetton in Treviso.

Nizaam Carr sal in die eindstryd van die Reënboogbeker-reeks teen die Italiaanse span Benetton die rol as baljagter-flank vir die Bulle vertolk. Foto: Gallo Images

Chris Smith en Nizaam Carr neem die plekke in van onderskeidelik Morné Steyn en Marco van Staden, wat hulle by die Springbok-oefenkamp in Bloemfontein aangesluit het.

Jake White, afrigter van die Bulle, het besluit om met ’n bietjie meer ervaring in die agttal te begin, en het Jan Uys in die jong Janko Swanepoel se plek gekies.

Uys is Walt Steenkamp se slotmaat, met Ruan Nortjé wat die nr. 7-trui behou.

Bulle: David Kriel, Madosh Tambwe, Marco Jansen van Vuren, Cornal Hendricks, Stravino Jacobs, Chris Smith, Ivan van Zyl, Marcell Coetzee (k), Ruan Nortjé, Nizaam Carr, Jan Uys, Walt Steenkamp, Mornay Smith, Johan Grobbelaar, Gerhard Steenekamp. PLAASVERVANGERS: Schalk Erasmus, Jacques van Rooyen, Lizo Gqoboka, Janko Swanepoel, Muller Uys, Zak Burger, Clinton Swart, Gio Aplon.

Meer oor:  Treviso  |  Benetton  |  Bulle  |  Reënboogbeker  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.