Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bulle vir 2 weke in kwarantyn geplaas

Die Bulle is op pad huis toe.

Filipo Daugunu van die Reds breek deur die Bulle se verdediging. Foto: Getty Images

Die Blou Bulle Maatskappy (BBM) het Sondag bevestig die span se toer in Australasië is kortgeknip nadat Sanzaar die Superreeks onbepaald uitgestel het weens die Covid-19-virussiekte.

Daar sou nog op toer teen die Waratahs, Hurricanes en die Chiefs gespeel word, nadat die Bulle Saterdag met 41-17 teen die Reds verloor het.

Die span sal Maandagaand in Suid-Afrika aankom, waarná al die spelers en lede van die bestuurspan vir twee weke in kwarantyn sal wees.

Ook die ander spelers (wat nie deel van die toerspan was nie) en die unie se juniors is opdrag gegee om nie Maandag by Loftus Versfeld aan te meld nie.

Dit kom ná die loesing wat die Bulle in Brisbane teen die Reds gekry het.

Dit is asof daar Saterdag twee Bulle-spanne was wat die Reds in die Suncorp-Stadion aangedurf het.

Eers die span wat die maroentruie binne die eerste kwartier drie keer onder hulle pale laat staan het en daarna die een wat Pote Human, die Bulle-afrigter, ontstig het deur 41 onbeantwoorde punte af te staan.

Dit het gelyk asof die besoekers opdrag gegee is om die voet van die versneller te haal toe hulle met 17-0 voorgeloop het.

“Ek verstaan dit ook nie. Ons het opgehou speel nadat ons met soveel oorgawe aangeval en oorheers het,” sê Human.

Puntemakers:

Reds 41 (14). Drieë: Liam Wright, Isaac Lucas, Lukhan Salakaia-Loto, Alex Mafi, Harry Hoopert, Taniela Tupou. Strafdoel: Bryce Hegarty. Doelskoppe: Hegarty (4).

Bulle 17 (17). Drieë: Embrose Papier, Rosko Specman, Warrick Gelant. Doelskop: Manie Libbok.

“Daardie eerste paar minute het my baie opgewonde gemaak, want dit was die beste rugby wat ons tot dusver die seisoen gespeel het.”

Wat toe verkeerd geloop het, is ’n raaisel.

Die twee drieë wat die Reds kort voor rustyd gedruk het, het twyfel by die besoekers laat posvat.

Ná rustyd was die Reds ten volle in beheer.

“Ons het gewys hoe gevaarlik ons kan wees, wat positief was. Om daarna só te gaan lê was baie teleurstellend.

“Wanneer jy ’n span onder soveel druk het, moet jy genadeloos wees.”

Dit is met swak verdediging wat die Bulle die tuisspan toegelaat het om beheer te neem.

Sanzaar se Covid-19-ingryping kom straks op ’n goeie tyd vir die Bulle, wat veral ’n krisis op senter het.

Burger Odendaal, die Bulle-kaptein, het sy enkelbesering vererger in Donderdag se oefening, Nafi Tuitavake het weens ’n kniebesering nie saamgetoer nie en Dylan Sage is steeds op die span se langtermyn-beseringslys.

Die belowende Marnus Potgieter is verlede week na Australië ontbied, maar hy was weens die Covid-19-onsekerheid in Pretoria gestrand.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae


Meer oor:  Bulle  |  Superrugby  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.