Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Straeuli: Bulle voer Dinsdag onderhoud

Rudolf Straeuli is glo oorgehaal om ’n nuwe hoofstuk by Loftus Versfeld te begin.

Rudolf Straeuli het aansoek gedoen vir die pos as uitvoerende hoof van die Bulle. Foto: Gallo Images

Hoewel daar geen bevestiging uit die Bulle-geledere is nie, is die naam van die Leeus se rugbybaas op die kortlys vir Barend van Graan, uitvoerende hoof van die Blou Bulle Maatskappy (BBM), se vakante pos.

Van Graan tree einde Januarie af.

Daar word Dinsdag in Sandton onderhoude gevoer met die kandidate wat die kortlys gehaal het.

Die 55-jarige voormalige Springbok-afrigter word vanweë sy ervaring as ’n logiese opvolger vir Van Graan beskou.

Straeuli is volgens inligting gevra om vir die pos aansoek te doen en hy het besluit om sy naam in die hoed te gooi.

Sy rugbyloopbaan het destyds in Pretoria begin en hy woon steeds in die Jakarandastad.

Willem Strauss, president van die Blou Bulle Rugbyunie (BBRU) en voorsitter van die Bulle-direksie, sê hy is nie by magte om oor die proses kommentaar te lewer nie.

Straeuli het nie op ’n boodskap gereageer nie.

Die winde van verandering waai vanjaar sterk by Loftus.

Eers het Strauss in Maart as president by Gert Wessels oorgeneem nadat hy bedank het toe daar ’n mosie van wantroue teen hom gebring is.

Van Graan het in Junie in oorleg met die BBM se twee aandeelhouers – die BBRU en die beleggingsmaatskappy Remgro – besluit dit is tyd vir vernuwing en dat sy kontrak nie hernu sal word nie.

John Mitchell, wat verlede seisoen as die Bulle se hoof van rugby aangestel is, is laasweek Engeland toe nadat hy as dié span se nuwe verdedigingsafrigter aangestel is.

Hy was ook die Bulle se hoofafrigter in die Superreeks en daar sal na verwagting later die week ’n aankondiging gemaak word oor die proses wat gevolg sal word om ’n opvolger vir hom te kry.

Meer oor:  Rudolf Straeuli  |  Blou Bulle Maatskappy  |  Bbm  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.