Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bulle vry na Frans, Franse sê nee

Gesoek: ’n slot en ’n senter wat die Bulle aanstaande seisoen kan laat gaffel in Superrugby.

Die Bulle het die ervare Springbok Frans Steyn in hulle visier gehad vir aanstaande jaar se Superreeks. Foto: Getty Images

Die Blou Bulle Maatskappy (BBM) het onlangs bevestig die Springbok-slot Juandré Kruger keer ná sewe seisoene in Frankryk terug Pretoria toe om weer vir sy ou span te speel.

Alfons Meyer, uitvoerende hoof van die BBM, sê noudat hulle die dienste van drie Bok-slotte, Lood de Jager, RG Snyman en Jason Jenkins, verloor het, is hulle in die mark vir nog ’n deurwinterde slot.

Ook ’n senter om die leemte te vul wat Jesse Kriel se vertrek laat.

Meyer het onthul hulle het probeer om Frans Steyn en die oud-Bul Jacques du Plessis na Loftus Versfeld te lok.

In albei gevalle was dit vergeefs.

“Ons sou baie graag vir Frans wou kontrakteer. Hy is baie ervare en was nog altyd uitsonderlik talentvol. Hy is egter nog tot Junie of Julie 2020 by Montpellier gekontrakteer en hulle wil hom nie vroeër van sy kontrak vrystel nie.

“Jacques is lekker fisiek en veelsydig, maar hy het blykbaar besluit om aan te bly in Frankryk.”

Die Bulle se pogings om nog ’n voormalige Bul, Nicolaas Janse van Rensburg, wat ook op Montpellier se boeke is, en die oud-Stormer Gerbrandt Grobler (Gloucester) te kontrakteer, was ook onsuksesvol.

“Ons kyk deurgaans watter spelers oorsee beskikbaar is, want daar is nie regtig veel opsies in Suid-Afrika nie.”

Afgesien van Kruger, sal die boere-Skot Josh Strauss ook volgende seisoen vir die Bulle speel.

Jannes Kirsten het in Engeland by die Exeter Chiefs geteken. Foto: Gallo Images

“Ons glo albei is goeie kopies. Hulle is 32, 33 en het nog ’n goeie twee seisoene oor. Albei van hulle is ook goeie leiers,” sê Meyer.

Dit is geen geheim nie dat daar ’n groep spelers by die Stormers is wat nog nie hulle kontrakte hernieu het nie.

Meyer sê hulle sal beslis voelers uitsteek na van dié spelers.

“Ons kort nog een of twee hoëprofiel-spelers in ons groep.”

Die BBM het aan die begin van die jaar aangedui ’n oudit het gewys daar is sowat 100 oortollige spelers by Loftus.

Die spelersgroep van seniors en juniors moet teen 2020 na sowat 80 gesny word om vorentoe volhoubaar te wees.

Meyer sê hulle het die getal sedertdien na 133 besnoei en behoort aan die einde van die jaar nader aan 100 te wees.

Jannes Kirsten, die 25-jarige veelsydige voorspeler, is een van dié wat die laaste ruk ’n ander rugbytuiste gekry het.

Hy het ’n kontrak van een jaar met die Exeter Chiefs in Engeland gesluit.

Daar is voorts sprake dat die baljagter-flank Roelof Smit die Jukskei gaan oorsteek om by die Leeus aan te sluit.

Meyer sê die Leeus het reeds die BBM se goedkeuring gevra om met Smit te onderhandel.

Meer oor:  Montpellier  |  Frans Steyn  |  Bulle  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.