Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bulletjies moet dié keer sterk staan

Nou vir les nommer twee.

Daar sal diegene wees wat sê dit is sinneloos om weer met ’n groep jong manne in die Laeveld aan te kom vir ’n afspraak met die Pumas.

Die Springbok-skrumskakel Embrose Papier kry nog ’n kans in die beginspan van die Bulle. Foto: Gallo Images

Die vorige keer dat die Bulle dít gewaag het – vroeër vanjaar in die Curriebeker-reeks – het dit uitgeloop op ’n rugbyles van 44-14 vir die besoekers.

Nie dat dit enigsins ’n invloed op die Bulle se opmars eindstryd toe gehad het nie, maar Jake White, dié span se afrigter, het toegegee dit is nooit lekker om só te verloor nie.

Hy het nietemin rofweg dieselfde span gekies vir Dinsdagaand se wedstryd in die voorbereidingsreeks teen die Pumas.

“Hulle het ons die vorige keer behoorlik opgeneuk. Dit was ’n jong span wat nou nog ’n kans kry, want ek wil sien of hulle verbeter het en daardie les ter harte geneem het.

“As dit daaroor gaan om die saak te gaan regstel, dan kies jy vir Cornal Hendricks, Stedman Gans, Trevor Nyakane, Lizo Gqoboka, Elrigh Louw en Ruan Nortjé.

“Maar dit is geen rigtingwyser nie. Die groep ouens wat daardie dag tweede gekom het, kry nou les nommer twee.

“Dit sal ’n goeie toets wees om te sien hoe speel ons weg teen ’n aansienlik beter span (as die Oostelike Provinsie).”

White is ook besig om bestekopname te doen vir die toekoms.

Hulle het ons die vorige keer behoorlik opgeneuk.

“Die meeste van ons spelers se kontrakte kom ten einde later vanjaar en ons moet besluit wie se kontrakte ons wil verleng en of ons ander spelers moet soek.

“Ek is ook besig met my beplanning vir die Reënboogbeker-kompetisie met die 25 spelers wat nie verlede week gespeel het nie.

“Daar is dus twee doelwitte: Om die juniors ’n kans te gee om hulle te bewys en die ander groep vir die seisoen voor te berei.”

Nolan Pienaar, Bernard van der Linde, Clinton Swart, Henco Beukes, Willie Potgieter en Richard Kriel is die nuwelinge onder die plaasvervangers.

Dit is die eerste keer wat die Kriel-broers, Richard en David, saam in die groep gekies is.

Twee oud-Affies wat nog verlede jaar skoliere was, Reinhardt Ludwig en Potgieter, sit op die bank.

Zak Burger, die skrumskakel-aanwins uit Kimberley, sal in die volgende wedstryd sy debuut maak in ’n Ligblou-trui.

“Ek wil beslis vir Zak sien speel, maar dit is moeilik vir hom om so gou te speel ná sy eerste week saam met ons.

“Ons is bevoorreg dat ons ’n groep goeie skrumskakels het.”

Bulle: David Kriel, Madosh Tambwe, Marnus Potgieter, Marco Jansen van Vuren, Stravino Jacobs, Chris Smith, Embrose Papier, WJ Steenkamp, Tim Agaba, Nizaam Carr (k), Janko Swanepoel, Jan Uys, Mornay Smith, Joe van Zyl, Gerhard Steenekamp. PLAASVERVANGERS: Janco Uys, Jan-Hendrik Wessels, Nolan Pienaar, Reinhardt Ludwig, Werner Gouws, Bernard van der Linde, Clinton Swart, Richard Kriel, Henco Beukes, Willie Potgieter, Dawid Kellerman.

Pumas: Devon Williams, Morné Joubert, Sebastian de Klerk, Ali Mgijima, Tapiwa Mafura, Niel Marais, Dian Badenhorst, Kwanda Dimaza, Phumzile Maqondwana, Francois Kleinhans, Brandon Valentyn, Pieter Jansen van Vuren (k), Ig Prinsloo, AJ le Roux, Morgan Naudé. PLAASVERVANGERS: HP van Schoor, Dewald Maritz, Ruan Kramer, Darrien Landsberg, Michael Benade, Chriswill September, Eddie Fouché, Erich Cronjé.

Afskop: 19:00.

Skeidsregter: Rasta Rasivhenge.

Assistent-skeidsregters: Stephan Geldenhuys, Ashleigh Murray.

TV-skeidsregter: Pro Legoete.


Meer oor:  Pumas  |  Bulle  |  Voorbereidingsreeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.