Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bult raak al hoe steiler vir Shimlas

Die Pukke het hulle eerste oorwinning in vanjaar se Varsitybeker-rugbyreeks behaal toe hulle die Shimlas met 27-19 Maandagaand in Potchefstroom geklop het.

Die vleuel Anton du Toit, broer van die Springbok Pieter-Steph en Johan, wat vir die Stomers speel, het vier drieë vir die Maties gisteraand teen die Ixias gedruk. Foto: Jaco Marais

Dit was die Shimlas se derde agtereenvolgende nederlaag en hulle reis boonop volgende week na Pretoria waar die onoorwonne Tukkies op hulle wag.

Die Pukke het rustyd met 17-9 voorgeloop na ’n strafdrie die Shimlas se enigste punte was. Dit is toegeken nadat ’n bal by doellyn afgeklap is.

Die plaasvervangerhaker Jhaques Thyssen en die vleuel Siyanda Cele het in die tweede helfte drieë vir die Shimlas gedruk.

Die Shimlas se volgende teenstanders Tukkies het Maandagaand op hul tuisveld ’n agterstand uitgewis om die Universiteit van Johannesburg (UJ) met 26-24 te klop.

Dit het ’n skouspelagtige drie in die 81ste minuut deur Tuks se heelagter, Lionel April, geverg om dié een vir die Pretorianers deur te trek.

Maar dit was so hittete of UJ, wat kort ná rustyd nog met 24-7 voor was, het anderkant die Jukskei kom verras.

Swak verdediging en omkeerbesit het voor rustyd tot UJ se drieë deur Shaun Williams (heelagter) en Tatendaishe Mujawo (linkervleuel) gelei.

Albei was sewepunters en Williams s’n het gekom ná ’n skitter-sololopie waarmee hy verskeie verdedigers geklop het. Hy is ook as die Speler van die Wedstryd aangewys.

Vier drieë deur die Maties se vleuel, Anton du Toit, het hulle gehelp om die Ixias oortuigend met 67-24 Maandagaand in Stellenbosch te klop.

Du Toit is ’n mediese student en is die broer van die twee Stormers-spelers Pieter-Steph en Johan.

Die Ixias keer darem huiswaarts met ’n enkele ligapunt vir die vier drieë wat hulle gedruk het.

Die Ixias speel volgende tuis in Bloemfontein teen die onoorwonne Ikeys.

Die Ikeys is vir eerste keer sedert 2011 na drie wedstryde steeds onoorwonne nadat hulle hul Kaapse derby met die Universiteit van Wes-Kaapland met 31-28 in Bellville gewen het.

Nadat die wenspan in ’n stadium met 31-12 voor was, het die gety geswaai en dit broekskeur gegaan vir Ikeys met UWK wat so byna vir ’n tweede agtereenvolgende groot skok in die reeks gesorg het ná ’n goeie terugvegpoging.

Meer oor:  Varsitybeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.