Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Burger gee Jake ‘déjà vu’ van 2004
Burger Odendaal, vroeër vanjaar nog die Bulle se kaptein, het ’n nuwe rugbytuiste by die Leeus gevind. Foto: Leeus-rugby

Daar is steeds rugbymanne in Bulle-kontrei wat jou vertel Jake White het ’n fout begaan om Burger Odendaal se tyd by Loftus Versfeld kort te knip.

Dié senter se bestendigheid, fisieke teenwoordigheid en leierskap was ’n groot bate vir die span, is hul verweer.

Odendaal, die Bulle se kaptein vroeër vanjaar in die Superreeks, het hom verlede maand by die Leeus aangesluit.

White, hoofbreier van die Bulle en direkteur van rugby, sê sy besluit het hom laat terugdink aan sy keuse van De Wet Barry toe hy in 2004 die Springbok-afrigter geword het.

“De Wet en Marius Joubert was my senterpaar en hoewel albei uitstekende spelers was, was nie een van hulle teen 2007 in die Wêreldbeker-toernooi in die prentjie nie.

“In 2007 was Jean de Villiers, Frans Steyn en Jaque Fourie die senters.

“Ek het daardie tyd as ’n afrigter ontwikkel en dit het meegebring dat ek ander senters gesoek het.

Met Burger het dit gevoel of ek terug is by De Wet in 2004. As ek nou die Springbok-pos kry, sal ek nie ’n De Wet Barry-soort senter kies nie.

“Met Burger het dit gevoel of ek terug is by De Wet in 2004.

“As ek nou die Springbok-pos kry, sal ek nie ’n De Wet Barry-soort senter kies nie.”

White sê hy wil hê die Bulle “moet anders speel” en Odendaal is nie met dié spelpatroon versoenbaar nie.

“Ek sou myself in die steek gelaat het as ek nie (met Odendaal) eerlik was oor dié kwessie nie.

“Niks teen Burger nie, maar ek het nie beplan om hom te kies nie.

“Hy het boonop een van die hoogste salarisse by die Bulle gehad en met die beperking van R60 miljoen (vir die 45 spelers in ’n unie se senior groep), was dit moeilik om dit te regverdig.

“Burger het besef dit maak nie sin om sy markwaarde ’n knou te gee deur hier te bly terwyl hy nie seker is van speeltyd nie.”

Jake White, hoofafrigter van die Bulle. Foto: Getty Images

White sê intussen daar is ’n nuwe klubstelsel wat hy in Pretoria in werking stel.

“Ons het in dié stadium 36 spelers in ons groep, wat beteken dat ons klubspelers kan werf.

“As jy 45 spelers het en jy sien ’n goeie speler by Tukkies of Naka Bulle, kan jy hom nie betrek nie.”

Die spelers in die Bulle se senior groep word ook by sewe of agt klubs ingedeel.

“As hulle nie die Saterdag vir die Bulle speel nie, moet hulle klubrugby speel.

“Net as ’n voorbeeld, as Stoney Steenkamp nie in die 23-tal is nie, moet hy daardie naweek vir sy klub speel.

“Ek het dit destyds by die Brumbies gedoen waar ek 35 spelers by sewe klubs ingedeel het.

“Iemand soos David Pocock (die oud-Wallaby) het nooit vir sy klub gespeel nie, maar hy was beskikbaar vir ’n manne-aand of ander projekte om geld in te samel.

“Dit beteken nie Duane Vermeulen se klub sal hom kan kies nie, maar hy sal op ’n ander manier waarde kan toevoeg.”

Meer oor:  Burger Odendaal  |  Jake White  |  Pretoria  |  Afrigter  |  Loftus  |  Rugby  |  Springbokke  |  Bulle  |  Senter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.