Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Bybel’ van SA rugby nou beskikbaar
Malcolm Marx pronk vanjaar op die South African Rugby Annual se voorblad. Foto: Gallo Images

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het Woensdag sy bekende jaarboek South African Rugby Annual aan kopers beskikbaar gestel.

Die Springbokhaker Malcolm Marx pronk op die voorblad van die 47ste uitgawe van die boek, nadat hy ’n fenomenale seisoen beleef het.

Marx is ook onlangs as Suid-Afrikaanse rugby se beste speler vir 2017 aangewys en volg in die voetspore van ander Springbokke soos Pieter-Steph du Toit, Lood de Jager, Duane Vermeulen, Jean de Villiers, Bryan Habana en Schalk Burger om op die jaarboek se voorblad te pronk.

Vanjaar se uitgawe spog met nog meer interessante rekords wat in die vorige seisoen deur spelers en Suid-Afrikaanse spanne opgestel is en verseker dat dié jaarboek by sy tradisie hou as die amptelik “Bybel” van rugby.

Vanjaar se uitgawe spog met nog meer interessante rekords wat in die vorige seisoen deur spelers en Suid-Afrikaanse spanne opgestel is.

Volgens Jurie Roux, uitvoerende hoof van Saru, is die jaarboek die perfekte geskenk vir rugbyondersteuners van alle ouderdomme en dien ook as belangrike naslaangids vir diegene wat in rugby werksaam is.

Die 2018-uitgawe is deur Duane Heath en Eddie Grieb geskryf en deur Saru gepubliseer.

Die South African Rugby Annual se 2018-uitgawe kan teen ’n voorgestelde prys van R205 by verskeie boekwinkels landwyd gekoop word. Dit is ook aanlyn by exclusivebooks.co.za; takealot.com en loot.co.za beskikbaar.

Boeke kan ook direk van Saru se verteenwoordigers vir die publikasie, Blue Weaver, by www.blueweaver.co.za bestel word. Vir telefoniese bestellings skakel 021 701 4477.

– Sportredaksie

Meer oor:  Jurie Roux  |  Saru  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.