Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cane waarsku ‘befoeterde’ All Blacks

Sam Cane, kaptein van die All Blacks, bespeur spanning en ’n bietjie “befoeterdheid” onder sy spanmaats voor die naweek se Drienasiestoets teen Argentinië in Newcastle, Australië.

Maar hy beklemtoon die waarskuwing van sy afrigter, Ian Foster, om nie toe te laat dat die emosies Saterdag oorkook nie.

Sam Cane, wat hier die bal teen Argentinië dra, sê die All Blacks sal Saterdag hul emosies teen die Poemas in toom hou. Foto: Getty Images

Die Nieu-Seelanders se dissipline het hulle deur die loop van die reeks in die steek gelaat en Cane se span het nou twee agtereenvolgende nederlae gely. Sou hulle weer teen die Poemas misluk, word hulle die eerste All Black-span sedert 1998 om drie toetse agtereenvolgens te verloor.

“Daar is spanning, ’n amperse befoeterdheid nog die hele week,” sê Cane.

“Die leierskorps moes deurlopend verseker dat dinge seepglad verloop. Almal in die groep het seer. Daar is baie van ons wat poog om trots terug in die All Black-trui te plaas.”

Foster het Donderdag gesê hy voel die meerderheid van die Drienasies- en Bledisloebekerwedstryde vroeër teen die Wallabies was bederf deur beuselagtige gedrag met die doel om reaksie van teenstanders te lok.

Daar was egter aanduidings ná sy gesprekke met skeidsregters dat Wêreldrugby oorgehaal is om vergelding uit die sport te verwyder, sê hy.

“Die probleem met daardie strategie is dat dit aanhoudend mense aanspoor om vuil te speel om teenstanders uit te lok.

“As dit gebeur moet ons eenvoudig verseker ons bly binne die reëls van die sport.”

Cane meen dit is onbegryplik dat skeidsregters die vergelding straf eerder as die oortreding wat dit veroorsaak het, maar sê sy span sal hul emosies in toom hou teen ’n Poemas-span wat ekstra gemotiveerd sal wees weens die dood van die Argentynse sokkerlegende Diego Maradona.

“Ons ken die Argentynse mense, uit my beperkte kennis is ek seker hy (Maradona) was as ’n god beskou,” sê Cane. “Ek is seker dit sal hulle baie aansporing verskaf.”

– Reuters

Meer oor:  Drienasiesreeks  |  Toetsrugby  |  Poemas  |  All Blacks  |  Sam Cane  |  Ian Foster
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.